B l a d s y Desember 2009 K ER K. Gelo o f sien reën b o o g- rykd o m Ds. He nti e Krü g e r

Similar documents
Gen 3:1-15; Gen 17:1-14 Die HERE se genade-verbond met ons en ons kinders... en hoe dit nooit losstaan nie van ware geloof en die belydenis daarvan.

Pretoria- 21 Mei 2009

ANTWOORDE OP DIE VERSKILLENDE SIENINGS VAN DIE DOOP

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

NUWE VERBOND. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 16 Julie Page 1 of 10

Die Verbond. Deur die eeue heen, het God verskeie verbonde met die mens gesluit, ooreenkomstig die omstandighede van daardie tye.

HANCKE, J et MOCUMIE, J. [1] This matter came before me on automatic review in terms of. section 302 read with 304 of the Criminal Procedure Act 51

VAN ZYL, J et MOCUMIE, J. [1] This matter came before me on automatic review in terms of. section 302 read with 304 of the Criminal Procedure Act, No.

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (EASTERN CAPE DIVISION) CA&R No: Review No: Date Delivered: In the matter between: JUDGMENT

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA [CAPE OF GOODHOPE PROVINCIAL DIVISION]

Die Verbond van Geregtigheid Shama Ministries Bladsy 1

Waarheid? Is dit werklik die Waarheid? n Apologetiese antwoord Hennie van Wyk

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (EASTERN CAPE DIVISION, GRAHAMSTOWN)

Nuwe Verbond gelowiges het die wet nagekom!! Yeshua Yeshua was 'n wetsgehoorsame Jood en het die wet volmaak gehou en geleer. Deut 4:2 "Julle mag by d

Is s 2(3) of the Wills Act 7 of 1953 finally tailored? Prof Francois du Toit. FISA Conference. September 2012

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 STAATSKOERANT

R E A S O N S F O R J U D G M E N T. applicant also being tried on a further charge of indecent assault. It was alleged

TORAH (WET) EN GENADE LES 12: SLOTGEDAGTES

1] On 11 August 2011 the accused appeared before the Magistrate,

Doreen Lame Serumula. Thesis submitted in partial fulfilment ofthe LLM degree at the University of Stellenbosch

[1] The Appellant, accused 2, is a 25 year old man, who was charged with a. co-accused, accused no. 1, in the Thaba N chu Regional Court on two

UITSPRAAK IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF PRETORIA (REPUBL1EK VAN SUID-AFRIKA) ) seres SAAKNOMMER: 38798/2006. In die saak tussen: Applikant

Die Wet. Voorwoord en oorsig

IN THE LAND CLAIMS COURT OF SOUTH AFRICA

FERDINAND WILHELMUS NEL ETIENNE BRITZ MINISTER OF SAFETY AND SECURITY. SENIOR SUPERINTENDENT L. S. MOFOKENG 2 nd Defendant CAPTAIN W.

LEBOGANG GODFREY MOGOPODI

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 16 SEPTEMBER 2010 Act No, 5 of 2010 SOCIAL ASSISTANCE AMENDMENT ACT GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type

Amanda Buys se Geestelike Dekking

Government Gazette Staatskoerant

In the matter between: Case No: 607/2010

Christene wat die gesag van die Ou Testament verwerp, sien dikwels die gee

FILING SHEET FOR HIGH COURT, BISHO JUDGMENT MINISTER OF SAFETY & SECURITY & ANO. [1] Case Number: 317/05

GRADE 11 / GRAAD 11 Vraestel 2 / Paper 2. June / Junie 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP TOTAL / TOTAAL

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA SOUTH GAUTENG HIGH COURT JOHANNESBURG

DIE WISSELWERKING TUSSEN DIE VERBONDE VAN DIE BYBEL. 1. Inleiding

Government Gazette Staatskoerant

Die Verbondsark (2) Die Verbondsark (2) Coen Slabber

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH GAUTENG HIGH COURT) JUDGMENT. The defendant applies to court for an order in terms of which the plaintiff is

Is God n Verbondsgod?

194/85 DAWID TIEMIE ISMAEL LOFF JOHANNES TIEMIE AND THE STATE

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST HIGH COURT, MAFIKENG THE STATE AND THABANG LERUMO THSEPISO MASANGO BAFANA MATANA NKOSINATHI MTSHWENI

NORTHERN CAPE HIGH COURT, KIMBERLEY

Die Geldigheid van Torah onder die Nuwe Verbond

IN THE NORTH WEST HIGH COURT (MAFIKENG) CASE NO. 1264/2006. In the matter between: and THE MEC FOR EDUCATION, NORTH WEST PROVINCIAL GOVERNMENT

Kyk ook: Soveel so dat Jesus by geleentheid gehuil het en gesê het:

FREE STATE COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Private property, gentrification, tension and change at the urban edge : a study of Jamestown, Stellenbosch. Gary Dean Arendse.

Republic of South Africa IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE HIGH COURT, CAPE TOWN) HERMAN ALBERT VAN DER MERWE

OFFICIAL GAZETTE. Government Notice. Goewermentskennisgewing. R0,30 Tuesday 31 March 1987 WINDHOEK Dinsdag 31 Maart 1987 No 5338 INHOUD: CONTENTS:

Stellenbosch United Newsletter #10 MAY Preparation for Palm Sunday

THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

KRANSPOORT EIENAARS KOMITEE (REGISTRATION NO: 2004/023323/08) First Respondent. Second Respondent JUDGMENT

2 No Act No.6, 2006 SECTIONAL TITLES AMENDMENT ACT, 2006 GOVERNMENT GAZETTE, 25 JULY 2006 GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type in squar

Copyright reserved Outeursreg voorbehou

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN

Nuwe Lied Bediening. Parashah 11: Vayigash En Hy Het Nader Gekom

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG JACOBUS FREDERICK ENSLIN. WYNAND COENRAAD JACOBUS BEZUIDENTHOUD N.

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. LESLIE MILDENHALL TROLLIP t/a PROPERTY SOLUTIONS. HANCKE, J et FISCHER, AJ

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 STAATSKOERANT

Proclamations Proklamasies

2 No Act No.7, 2005 SECTIONAL TITLES AMENDMENT ACT, 2005 GOVERNMENT GAZETIE, 13 JULY 2005 GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type in squar

Government Gazette Staatskoerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA) FOR THE PROPOSED NATIONAL ROAD 3: KEEVERSFONTEIN TO WARDEN (De Beers Pass Section) EIA: 12/12/20/1992

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CARLLO ANDRIAS GAGIANO

Government Gazette Staatskoerant

AND WHEREAS the 1st Respondent is also hereby represented by the 3rd Respondent.

EXHAUST & RADIATOR SERVICES

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION: BLOEMFONTEIN

GOVERNMENT G - AZETTE STAATSKOERANT VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. I No September 1998 No September 1998

IN THE LAND CLAIMS COURT OF SOUTH AFRICA

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH GAUTENG HIGH COURT)

VAN ZYL, J et MOCUMIE, J. [1] The accused was charged with housebreaking with intent to. commit an offence unknown to the prosecutor.

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WITWATERSRAND LOCAL DIVISION)

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG. V. V. A. Applicant. V. T. L. Respondent DATE OF HEARING : 05 SEPTEMBER 2015

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (ORANGE FREE STATE PROVINCIAL DIVISION) Case No.: 1116/2006. In the case between: ALL GOOD THINGS 149 CC.

Government Gazette Staatskoerant

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA CAPE OF GOOD HOPE PROVINCIAL DIVISION

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA

MINISTER OF SAFETY AND SECURITY...1 ST DEFENDANT POLICE SERVICE...2 ND DEFENDANT CONSTABLE TSHILO...3 RD DEFENDANT JUDGMENT

Volkskasgebou 613 Markstraat Telefoon PRESENT APOLOGIES 1.2 VERSKONINGS. Clr/Rdl C Venter WELCOME 2

IN THE NORTH GAUTENG HIGH COURT (PRETORIA) CASE No.: 27705/06. In the matter between: PRINSLOO R. PLAINTIFF. and BARNYARD THEATRE FIRST DEFENDANT

Government Gazette Staatskoerant

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

OFFICIAL GAZETTE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. R0,30 Dinsdag 26 Julie 1988 WINDHOEK Tuesday 26 July 1988 No 5579 INHOUD: CONTENTS:

/15. Four new legal opinions have also been posted on our website. They are:

MULTICHOICE KYKNET CHANNEL 144

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: January 2015 February 2015 March Summer Edition December 2014.

Government Gazette Staatskoerant

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN) FRANCOIS JOHANNES WIUM JUDGMENT DELIVERED 28 MAY 2104

From now on I shall refer to the appellant as the plaintiff and the

STATE LIABILITY AMENDMENT ACT

The accused in this case is a 20 year old first offender who was arraigned. in the Magistrate s Court at Odendaalsrus on 4 counts of housebreaking

CRIMINAL LAW (SEXUAL OFFENCES AND RELATED MATTERS) AMENDMENT ACT AMENDMENT ACT

Government Gazette Staatskoerant

n Teologiese waardering van die Sinai-tradisie (Eks Num. 10:10)

Government Gazette Staatskoerant

Transcription:

B l a d s y 1 13 Desember 2009 GER E F. K ER K B UL T F O N T E I N ERE D I E N S Gelo o f sien reën b o o g- rykd o m Ds. He nti e Krü g e r

B l a d s y 2 LITURGIE 13 Desember 2009 ONTMOETINGSDIENS 1. Votum: 2. Benediksie (Groetseën) Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde (Op. 1:4-5). AMEN 3. Lofsang: Ps. 107:1, 3 ( 36-Beryming) 4. Geloofsbelydenis VEROOTMOEDIGINGSDIENS en VERSOENINGSDIENS 5. Wet 6. Sing: Ps. 68:4 ( 36-Beryming) 7. Gebed WOORDDIENS 8. Sing met die oog op die prediking: Ps. 148:2 ( 36-Beryming) 9. Skriflesing: Genesis 9:1-19 10. Teksverse: Genesis 9:16 11. Tema: Geloof sien reënboog-rykdom Preek ANTWOORDDIENS 12. Sing: Sb. 18-7:1, 7, 9 13. GEBED 14. Diens van Barmhartigheid / Insameling van die liefdesgawes 15. Slotsang: Sb. 11-2:1, 2 WEGSTUURSEËN 16. Seën: Gemeente, verhef nou u harte tot God, ontvang die seën van die Here en gaan in vrede: Numeri 6:24-26 Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;

die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Amen B l a d s y 3

B l a d s y 4 Die apostoli e s e Gelo o f s b e l y d e n i s OF: TWAALF ARTIKELS VAN DIE ALGEMENE ONGETWYFELDE, CHRISTELIKE GELOOF Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is. Hy het die lyding van die hel ondergaan. Hy het op die derde dag opgestaan uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam en n ewige lewe.

B l a d s y 5 Die Tien Geb o o i e Tien gebooie Deuteronomium 5 Deuteronomium 5:1-22 1 Moses het die hele volk bymekaargeroep en vir hulle gesê: Israeliete, luister na die voorskrifte en die bepalings wat ek vandag hier in julle teenwoordigheid aankondig. Julle moet dit leer, dit gehoorsaam en daarvolgens lewe. 2 Die Here ons God het by Horeb n verbond met ons gesluit. 3 Dit is nie ons voorvaders met wie Hy hierdie verbond gesluit het nie, maar ons, ons almal wat hier is en nou lewe. 4 Ja, met julle persoonlik het die Here op die berg uit die vuur uit gepraat. 5 Ek het destyds tussen die Here en julle gestaan om die gebod van die Here aan julle deur te gee, want julle was bang vir die vuur en julle het nie teen die berg uitgeklim nie. Die Here het gesê: 6 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 7 Jy mag naas My geen ander gode hê nie. 8 Jy mag nie vir jou n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. 9 Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek die Here jou God eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, 10 maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. 11 Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal dié een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. 12 Jy moet die sabbatdag so deurbring dat jy dit heilig hou, soos die Here jou God jou beveel het. 13 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, 14 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou

B l a d s y 6 God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of jou bees of jou donkie of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie, sodat jou werksmense kan rus soos jy. 15 Jy moet daaraan dink dat jy in Egipte n slaaf was en dat die Here jou God jou deur sy groot krag en met magtige dade daaruit bevry het. Daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te onderhou. 16 Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee. 17 Jy mag nie moord pleeg nie. 18 Jy mag nie egbreuk pleeg nie. 19 Jy mag nie steel nie. 20 Jy mag nie vals teen n ander getuig nie. 21 Jy mag nie iemand anders se vrou begeer nie. Jy mag nie sy huis begeer nie, ook nie sy grond, sy slaaf of slavin, sy bees of donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie. 22 Die Here het by die berg al hierdie gebooie duidelik hoorbaar aan julle hele gemeente gegee, uit die vuur en die stikdonker wolk uit, en toe het Hy stilgebly. Daarna het Hy dit op twee plat klippe geskryf en dit vir my gegee. Sing: GEBED: Sing: Ps. 68:4 ( 36-Beryming) [Antw. op die wet] Ps. 148:2 ( 36-Beryming) [Met die oog op die bediening van die Woord]

B l a d s y 7 Sk r i f l e s i n g Genesis 9:1-19 God sluit n verbond met Noag 9 God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde. 2 Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel. 3 Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle. 4 Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie. 5 Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe: van n dier sal Ek rekenskap eis oor die lewe van n mens, en van n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens. 6 Wie die bloed van n mens vergiet, deur n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger. 7 Maar julle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie! 8 Verder het God vir Noag en sy seuns gesê: 9 Kyk, Ek sluit n verbond met julle en julle nageslag 10 en met al die lewende wesens by julle: die voëls, die mak diere en die wilde diere by julle, naamlik met al die wilde diere wat uit die ark uitgekom het. 11 Ek sal my verbond met julle hou: mens en dier sal nie weer deur vloedwaters

B l a d s y 8 uitgewis word nie. Daar sal nie weer n oorstroming wees wat die aarde sal oorweldig nie. 12 Toe het God gesê: Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: 13 my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde. 14 Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, 15 sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. 16 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde. 17 God het vir Noag gesê: Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde. 18 Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die pa van Kanaän. 19 Dit was Noag se drie seuns en uit hulle is die hele aarde bevolk.

B l a d s y 9 Geloof sien reënboog- rykdom Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde. Genesis 9:16 Hoe reageer n mens as dit lyk asof die hele wêreld rondom jou vergaan, as alles bedreig word en woeste stormwinde saampak wat jou uit jou skuiling uitpluk? Wat doen jy wanneer alles platgeval het en jy jou eie wêreldjie weer moet opbou, maar vrees dat alles weer in duie sal stort? Dit is by hierdie algemene gevoel van magteloosheid wat die Noag-verhaal aansluit; hierdie gevoel van uitgelewer wees aan magte groter as jyself. Dit maak van die Noag-verhaal n tydlose verhaal: n verhaal van die hele mensdom van alle tye. Dit is n verhaal van storms, van eindelose gereën; van emmers vol water wat meedoënloos uitgegiet word totdat alles deurnat en versuip is. Maar Goddank! dit is ook die verhaal van die reënboog; die verhaal van genade. Mens sou byna kon sê: Genade in die skade! Noag het oorspronklik nie n idee gehad waarvoor die ark bedoel was nie. Eers toe die reën begin, het hy verstaan. Faith finds its life by scanning the horizon, knowing there will be a sunrise tomorrow. ~Robert Schuller~

B l a d s y 10 In hierdie ark van hout was hy en sy gesin toegesluit. Geen lig, geen idee wanneer die storm gaan ophou nie. Geen uitsig na buite en geen uitsig op die toekoms nie. Die watermassa het alles weggespoel. En al is hulle gespaar, het dit nog steeds gevoel: Hierdie is die einde! Maar daar kom gewis n einde aan die einde! Daar kom n einde aan die storm! Soos John Greenleaf Whittier dit stel: I know not where the islands lift their fronded palms in air. I only know I cannot drift beyond my Master s love and care. Ná die reën, begin daar n wind waai. Dit is dieselfde Wind wat in Genesis 1:2 gesweef het oor die chaos en die voorbrand gedoen het vir God se skeppingswerk. Die Wind van God die Gees van God! Na verloop van tyd het die Wind sy werk gedoen. Nou is dit droog. Alles is groen. Alles is rustig. Skynbaar. Maar binne-in die hart van Noag worstel n benouende beklemming: Sê nou dit gebeur wéér? Elke keer as daar n storm losbars, sou hy vrees: Hierdie kan die einde wees! Elke keer as die weerlig slaan, kan dit n nuwe einde aankondig, kan die aarde in n see verander, kan die wolke hulle wreek op die mens se sonde!

B l a d s y 11 Na hierdie stormgewaaide mens kom God met n belofte n belofte van hoop. Die Here belowe Noag dat hy en sy mense nie weer só n vloed sou beleef nie. En dan gee God saam met die belofte nog n teken: Toe het God gesê: Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde. Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde (Gen. 9:12-16). Vir die beangste mens wie se bestaan geskud is, sê God: Kyk na die reënboog! Let op my genadeteken! Drie maal word verwys na die reënboog daardie alledaagse verskynsel wanneer dit reën. Maar nou word hierdie alledaagse verskynsel wat Noag in sy tyd goed geken het n besondere verskynsel: dit word verbind met God se belofte. Dit word n genadeteken. Dit word die belofteteken dat geen storm só vernietigend sal wees dat die bestormde mens nie sal kan oorleef nie! Vir n bevreesde Noag en sy gesin wat die volgende storm al voel

B l a d s y 12 aankom en vrees, sê dié verhaal: Kyk na die reënboog. Kyk na die belofteteken. Geen storm sal jou platslaan nie. Geen orkaan sal jou lewe totaal vernietig nie. Daar ís hoop ná die storm! Maar God se tekens is nie toevallig nie. Dit moes n lam wees by die Pasga om die Christus af te beeld. Dit moes brood en wyn wees om die Nagmaalsevangelie van voeding en lafenis te versinnebeeld. Dit moes water wees by die doop om tekens te wees van reiniging. Dit moes n reënboog wees. Waarom? Praat die kleure dalk van harmoniese ordening in sy gevalle skepping? Is daar n boodskap in die opvolging van kleure? Tussen die pers van die dood vanweë die sonde, en die oordeelsrooi van God se geregtigheid, lê vyf kleure wat kan praat van Sy uitstel van die oordeel. Van Sy lankmoedigheid. Voordat die rooi van die einde kom, sal Hy goed wees vir die aarde. Wie sal presies vir ons sê watter taal die reënboog praat? Is dit nie genoeg om te sê: dis teken van die algemene genade nie? Teken van die Goddelike omarming van Sy skepping; van Sy gemeensaamheid met die aarde? En wat behoort dit nie vir ons te beteken nie! Dat Hy sal sorg

B l a d s y 13 dat die fonteine hulle loop kry, dat die kaal takke in die lente sal uitswel, dat die bokke lam en gras uitspruit vir die diere en broodkoring vir die mense; dat die aarde sy baan nie verlaat nie, dat navorsing oor natuurbeheer en plaagbestryding van krag tot krag sal voortgaan; dat die mens ondanks die vloek van sy opdrag om die aarde te tem, sal kan volvoer; dat die owerheid die reg beskerm. Geloof verstaan die reënboog! ([tc,q,, translated a bow ; [i\ri", rainbow ) Die Hebreeuse woord vir reënboog word gewoonlik gebruik om te verwys na n oorlogsboog die pyl en boog waarmee vroeër jare oorlog gevoer is. As mens hierdie verband mag gebruik, dan het die reënboogbelofte van God n wonderlike betekenis. Dan wil God met die reënboog aan die hemelruim sê dat Hy sy oorlogsboog opgehang het dat Hy nie meer wil oorlog maak met die sondige mens nie. God het sy wapens opgehang waar almal dit kan sien. Die Here het kom vrede maak met die mensdom in al ons sondigheid soos wat Christus opgehang is aan die kruis as simbool van God se vredesverbond met ons! Geloof verstaan die reënboog as n belofte van hoop en versoening. Die reënboog is God se eensydige vredesverklaring!

B l a d s y 14 Dit sal wonderlik wees as ons aan God dink wanneer die reënboog sien. Maar dít is nog nie redding nie. Redding is nie waar ons aan Gód dink nie, maar waar God aan óns dink! En só moet ons die reënboog ook verstaan as die teken dat God aan óns dink. Lees maar weer Genesis 9:15 en 16: Wanneer die reënboog verskyn sal Ek dink aan my verbond met julle Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond In die storms kan ons so maklik vergeet dat God aan óns dink. Ons kan so vasgevang leef tussen ons betonoerwoude en ons bekommernisoerwoude, dat ons nie eers aan God dink nie. In sulke tye stoot ons die Here dikwels eenkant toe. Maar en dit is die wonderlike God dink aan óns, selfs al dink ons nie aan Hom nie! Hierdie is die blye versekering van die reënboog: God dink aan ons met dieselfde dink waarmee die Here aan Noag gedink het in Genesis 8:1: Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was, en God het n wind oor die aarde laat waai, en die waters het teruggetrek. Dit is die kern van genade en die grond van ware geloof: die Here onthou die onseker Noag in sy arktronk; God vergeet nie die twyfelaar in die storm nie. Vir Noag het God se dink n omwenteling in sy omstandighede gebring.

B l a d s y 15 Só ook vir die moordenaar aan die kruis wat vir Christus gevra het: Verder sê hy: Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom (Lukas 23:42), met die versekering direk daarná: Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees. Só dink God aan ons. En só verstaan geloof die reënboog, en al die ander genadetekens. Nie as óns wat aan Gód dink nie, maar God wat aan óns dink. Maar hierdie teken vra ook van ons iets. Dit vra van ons: om in ons natuurlike lewe op te kyk in die rigting waarheen die boog wys na God. U in die laboratorium. Die reënboog roep jou na erkenning van God wat dié orde wat jy ondersoek, ingestel het en nog onderhou. En jy wat regeer die reënboog sê dis by die grasie van God. Of jy wat jou skure vul of sien dat hulle leeg word buig voor jou God, sê die reënboog. Weet u wanneer die reënboog besondere ontoering gaan bring? As die aardbewings groot en swaar word. En die meteoriete op ons neerreën. As die seisoene versteur word en die hongersnode ons almal inhaal. Die tyd as die pes ons oorrompel en epidemies ons

B l a d s y 16 wondermiddels wegvee. Wanneer die bandeloosheid tussen die mense sal heers en God nie meer teëhou nie, maar die Satan loslaat om alles wat heel en mooi en goed is te skend. In daardie dae wat kom, sal daar n reënbuitjie val. En die boog sal in die reënmis skielik helder word. Dan sal Gods kinders uit hulle skuilplekke kruip, en hulle sal met verlange staar na dié hemelboog. Daar sal weer glans in hulle oë kom, want hulle sal dit sien as n groet van God. Dit sal soos God se glimlag wees wat sê dat Hy n verbond het met die mens. In een van die mees klassieke rolprente ooit, The Wizard of Oz sien Judy Garland die volgende liedjie: Somewhere over the rainbow, way up high, there s a land that I heard of once in a lullaby. Somewhere over the rainbow, skies are blue, and the dreams that you dare to dream really do come true. Een van hulle sal na die reënboog wys, en aan hulle vertel dat Johannes rondom God se troon n reënboog van smarag (Op. 4:3) gesien het, n sagte boog van liefde en deernis en genade (groen beteken in die Bybel genade) wat in Jesus Christus rondom God is. En hy sal die twee reënboë vir hulle uitlê: God vergeet nie sy natuurverbond nie. En God vergeet nie sy genadeverbond nie. Daar sal volkome verlossing wees. Prof. Daniel Migliore van die Princeton Universiteit in die VSA

B l a d s y 17 vertel die volgende verhaal wat afspeel in die middestad van Trenton, New Jersey: Eendag was dit my taak om n klein klas van nege- en tienjariges te leer. Toe die einde van ons tyd saam aanbreek, het drie van die moeë kinders my gevra om n Bybelstorie vir hulle te lees. Toe ek klaar was met die storie, het ek gevra: Waar kyk julle om n reënboog te sien? Op die strate, het een geantwoord. Omdat ek gedink het dat hulle my verkeerd verstaan, het ek die vraag herhaal. Op die strate, het die antwoord weer gekom. Jy kan reënboë sien in die oliekolle in waterplasse in die strate en parkeergebiede. Só is ware geloof. Dit het die insig om te besef dat God se beloftes lewend is binnein my storm, binne-in my modderpoel. Mag God ons leer om die klein reënbogies rondom ons en onder ons raak te sien, om te bly hoop. Geloof ontdek reënboog-rykdom. En as jou kinders jou môre roep en sê: Kom kyk, daar is n reënboog! gaan kyk dan, vol ontroering. Amen Ds. Hentie Krüger Dit is wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen waarvoor ons onthou word.

B l a d s y 18 SING: Sb. 18-7:1, 7, 9 GEBED: Diens van Barmhartigheid / Insameling van die liefdesgawes Slotsang: Sb. 11-2:1, 2 WEGSTUURSEËN Seën: Ge m e e n t e, verh ef nou u hart e tot Go d, ontv a n g die seë n van die Her e en gaa n in vrede: Numeri 6:24-26 Die Her e sal julle seë n en julle besk e r m ; die Her e sal tot julle reddi n g versk y n en julle gen a di g wees; die Her e sal julle geb e d e verh o o r en aan julle vred e gee! Am e n