Kyk ook: Soveel so dat Jesus by geleentheid gehuil het en gesê het:

Similar documents
Gen 3:1-15; Gen 17:1-14 Die HERE se genade-verbond met ons en ons kinders... en hoe dit nooit losstaan nie van ware geloof en die belydenis daarvan.

Pretoria- 21 Mei 2009

VAN ZYL, J et MOCUMIE, J. [1] This matter came before me on automatic review in terms of. section 302 read with 304 of the Criminal Procedure Act, No.

ANTWOORDE OP DIE VERSKILLENDE SIENINGS VAN DIE DOOP

HANCKE, J et MOCUMIE, J. [1] This matter came before me on automatic review in terms of. section 302 read with 304 of the Criminal Procedure Act 51

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA [CAPE OF GOODHOPE PROVINCIAL DIVISION]

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (EASTERN CAPE DIVISION) CA&R No: Review No: Date Delivered: In the matter between: JUDGMENT

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 16 SEPTEMBER 2010 Act No, 5 of 2010 SOCIAL ASSISTANCE AMENDMENT ACT GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

NUWE VERBOND. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 16 Julie Page 1 of 10

R E A S O N S F O R J U D G M E N T. applicant also being tried on a further charge of indecent assault. It was alleged

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Die Verbond. Deur die eeue heen, het God verskeie verbonde met die mens gesluit, ooreenkomstig die omstandighede van daardie tye.

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

1] On 11 August 2011 the accused appeared before the Magistrate,

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CARLLO ANDRIAS GAGIANO

NORTHERN CAPE HIGH COURT, KIMBERLEY

Die Verbond van Geregtigheid Shama Ministries Bladsy 1

[1] The Appellant, accused 2, is a 25 year old man, who was charged with a. co-accused, accused no. 1, in the Thaba N chu Regional Court on two

Waarheid? Is dit werklik die Waarheid? n Apologetiese antwoord Hennie van Wyk

Die Geldigheid van Torah onder die Nuwe Verbond

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (EASTERN CAPE DIVISION, GRAHAMSTOWN)

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

UITSPRAAK IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF PRETORIA (REPUBL1EK VAN SUID-AFRIKA) ) seres SAAKNOMMER: 38798/2006. In die saak tussen: Applikant

In the matter between: Case No: 607/2010

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST HIGH COURT, MAFIKENG THE STATE AND THABANG LERUMO THSEPISO MASANGO BAFANA MATANA NKOSINATHI MTSHWENI

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN

Doreen Lame Serumula. Thesis submitted in partial fulfilment ofthe LLM degree at the University of Stellenbosch

Is s 2(3) of the Wills Act 7 of 1953 finally tailored? Prof Francois du Toit. FISA Conference. September 2012

TORAH (WET) EN GENADE LES 12: SLOTGEDAGTES

IN THE LAND CLAIMS COURT OF SOUTH AFRICA

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA SOUTH GAUTENG HIGH COURT JOHANNESBURG

FILING SHEET FOR HIGH COURT, BISHO JUDGMENT MINISTER OF SAFETY & SECURITY & ANO. [1] Case Number: 317/05

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH GAUTENG HIGH COURT) JUDGMENT. The defendant applies to court for an order in terms of which the plaintiff is

IN THE NORTH WEST HIGH COURT (MAFIKENG) CASE NO. 1264/2006. In the matter between: and THE MEC FOR EDUCATION, NORTH WEST PROVINCIAL GOVERNMENT

FREE STATE COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

LEBOGANG GODFREY MOGOPODI

Republic of South Africa IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE HIGH COURT, CAPE TOWN) HERMAN ALBERT VAN DER MERWE

Die Verbondsark (2) Die Verbondsark (2) Coen Slabber

MINISTER OF SAFETY AND SECURITY...1 ST DEFENDANT POLICE SERVICE...2 ND DEFENDANT CONSTABLE TSHILO...3 RD DEFENDANT JUDGMENT

Die Wet. Voorwoord en oorsig

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 STAATSKOERANT

Kyk ook: Inleidend. Die skrywer verwar deurlopend Johannes se bekeringsdoop met die christelike doop. Terwyl

/15. Four new legal opinions have also been posted on our website. They are:

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. LESLIE MILDENHALL TROLLIP t/a PROPERTY SOLUTIONS. HANCKE, J et FISCHER, AJ

194/85 DAWID TIEMIE ISMAEL LOFF JOHANNES TIEMIE AND THE STATE

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH GAUTENG HIGH COURT)

B l a d s y Desember 2009 K ER K. Gelo o f sien reën b o o g- rykd o m Ds. He nti e Krü g e r

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION: BLOEMFONTEIN

[1] These proceedings were concerned with an application for. leave to appeal. The applicant who was also the applicant in

DIE VERBOND VAN OU TESTAMENT NA NUWE TESTAMENT Pro/- H. F. van Rooy

1:9'.t.:~7,?f(~. AJ~1( ~ And. Case number: 30836/2016 Date: IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) In the matter between:

Nuwe Verbond gelowiges het die wet nagekom!! Yeshua Yeshua was 'n wetsgehoorsame Jood en het die wet volmaak gehou en geleer. Deut 4:2 "Julle mag by d

Government Gazette Staatskoerant

THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Amanda Buys se Geestelike Dekking

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA. DELTA MOTOR CORPORATION (PTY) LTD Appellant. JACO VAN DER MERWE Respondent

2 No Act No.6, 2006 SECTIONAL TITLES AMENDMENT ACT, 2006 GOVERNMENT GAZETTE, 25 JULY 2006 GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type in squar

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA, FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN

Christene wat die gesag van die Ou Testament verwerp, sien dikwels die gee

KRANSPOORT EIENAARS KOMITEE (REGISTRATION NO: 2004/023323/08) First Respondent. Second Respondent JUDGMENT

Volkskasgebou 613 Markstraat Telefoon PRESENT APOLOGIES 1.2 VERSKONINGS. Clr/Rdl C Venter WELCOME 2

Stellenbosch United Newsletter #10 MAY Preparation for Palm Sunday

The accused in this case is a 20 year old first offender who was arraigned. in the Magistrate s Court at Odendaalsrus on 4 counts of housebreaking

MR THIBILE ELVIS SEHLABAKA

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN) FRANCOIS JOHANNES WIUM JUDGMENT DELIVERED 28 MAY 2104

EXHAUST & RADIATOR SERVICES

IN THE LAND CLAIMS COURT OF SOUTH AFRICA

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. RAMPAI, AJP et SNELLENBURG, AJ

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (ORANGE FREE STATE PROVINCIAL DIVISION) Case No.: 1116/2006. In the case between: ALL GOOD THINGS 149 CC.

Berou en bekering in die prediking van die profete: geinterpreteer binne die raamwerk van die verbond

Government Gazette Staatskoerant

GOVERNMENT G - AZETTE STAATSKOERANT VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. I No September 1998 No September 1998

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA ITRANSV AAL PROVINCIAL DIVISION) 09/05/2005 CASE NO: 6543/2004

DIE WISSELWERKING TUSSEN DIE VERBONDE VAN DIE BYBEL. 1. Inleiding

AND WHEREAS the 1st Respondent is also hereby represented by the 3rd Respondent.

IN THE NORTH GAUTENG HIGH COURT (PRETORIA) CASE No.: 27705/06. In the matter between: PRINSLOO R. PLAINTIFF. and BARNYARD THEATRE FIRST DEFENDANT

VAN ZYL, J et MOCUMIE, J. [1] The accused was charged with housebreaking with intent to. commit an offence unknown to the prosecutor.

FERDINAND WILHELMUS NEL ETIENNE BRITZ MINISTER OF SAFETY AND SECURITY. SENIOR SUPERINTENDENT L. S. MOFOKENG 2 nd Defendant CAPTAIN W.

Nuusbrief / Newsletter NOVEMBER 2017

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG. V. V. A. Applicant. V. T. L. Respondent DATE OF HEARING : 05 SEPTEMBER 2015

Government Gazette Staatskoerant

DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 244: 2017 MONETARY POLICY

RAMPAI, J. [1] These proceedings were concerned with an application for. leave to appeal. The applicant who was the defendant in the

Private property, gentrification, tension and change at the urban edge : a study of Jamestown, Stellenbosch. Gary Dean Arendse.

ABSOLOM MALINGA APPELLANT. and

Elia in die boek Maleagi

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA JUDGMENT

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION. In the matter between: FAIROAKS INVESTMENT HOLDI GS (PTY) LTD

Government Gazette Staatskoerant

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WITWATERSRAND LOCAL DIVISION)

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA JUDGMENT DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS GAUTENG DIVISION, PRETORIA CORNELIUS JOHANNES HEUNIS

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA) FOR THE PROPOSED NATIONAL ROAD 3: KEEVERSFONTEIN TO WARDEN (De Beers Pass Section) EIA: 12/12/20/1992

In the matter between:

COURIER. Do levy claims prescribe?

OFFICIAL GAZETTE. Government Notice. Goewermentskennisgewing. R0,30 Tuesday 31 March 1987 WINDHOEK Dinsdag 31 Maart 1987 No 5338 INHOUD: CONTENTS:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 11: Vayigash En Hy Het Nader Gekom

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (BOPHUTHATSWANA PROVINCIAL DIVISION) PETER MOHLABA. and WINSTON NKOPODI JUDGMENT

Transcription:

Kyk ook: - Wie is Gideon Aggenbag? - Die doop in perspektief - NGK doop - Is Rom 6:4 en Kol 2:12 die Doopsakrament? - Case for Infant Baptism: The Historic Paedo-Baptist Position {jcomments on}die verbond wat God destyds met Abraham gesluit het, was geskoei op die patroon van die destydse Hetitiese Vasalverdrae. Volgens die reëls van n verbond moet dan n verbondsboodskapper na die verbondsverbreker gestuur word en hy moet verwittig word van sy oortreding. As hy berou aanteken en regmaak, dan was daar vrede. Indien nie, het die ander party die reg om die verbondsvloek oor die oortreder te voltrek. Regdeur sy lang geskiedenis het Israel hierdie verbond keer op keer verbreek. God het oneindig meer gedoen as net die vereistes van één boodskapper nagekom. Hy het keer op keer Sy verrbondsboodskappers gestuur om te sê : Julle het teen my oortree maak reg! (Jesaja, Jeremia, Amos ens.) Maar Israel steur hom eenvoudig nie aan hierdie BOODSKAPPERS - DIE PROFETE nie. Inteendeel, hulle word geïgnoreer, weggejaag, en selfs doodgemaak. Soveel so dat Jesus by geleentheid gehuil het en gesê het: Jerusalem, Jerusalem, hoe dikwels wou ek julle bymekaarmaak soos n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaar maak, maar julle wou nie julle wat die profete doodmaak Uiteindelik stuur God Sy finale verbondsboodskapper Jesus. Hierdie Boodskapper moet nou finaal vir Israel kom sê : Dit is nou genoeg nou gaan Ek my reg uitoefen die dag van afrekening het aangebreek. 1 / 5

Maar in sy groot genade stuur God tog nog vir Johannes die Doper om die volk Israel voor te berei op die koms van hierdie finale Verbonds-engel (letterlik vertaal: boodskapper ). Hy moet hulle nog vir oulaas, dringend, tot bekering roep, voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. (Mal.3:1,2) Terselfdertyd moet hy (Johannes) Jesus se weg voorberei as t ware die tafel dek vir dít wat Jesus moes kom doen. Baie van die Jode bekeer hulle van hulle verbonds-ontrou, hulle bely dit, en word deur Johannes met die doop van bekering gedoop. Toe mense vir Johannes vra wie hy nou eintlik is, verduidelik hy: Ek is die wegbereider vir Hom wat ná my kom. Die wegbereider? Ja, hy moes die grondwerk doen, die situasie VOORBEREI, waarin God Sy heilsplan kan uitvoer. Van regoor die hele Joodse land kom hulle in skares, en Johannes word bekend as die man wat bekeerlinge doop mense wat sondes het om te bely mense wat bely dat hulle God se verbond verbreek het en strafskuldig is. Ons mag hier oplet dat Johannes gestuur is na God se verbondsvolk, Israel, en dat hy geen heidene tot die Godsgeloof geroep het nie. Dit was gladnie sy fokus nie. Toe Jesus na Johannes kom om deur homgedoop te word, sê hy vir die skare : Daar is die LAM van God, wat (NOU) die sonde van die wêreld wegneem (letterlik: optel en wegdra ). (Joh.1:29) 1Pet. 1:19 praat ook van die kosbare bloed van Christus, soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos. En hier kom Jesus voor Johannes staan, voor daardie hele skare, en sê: Doop My nou, sodat God se geregtigheid vervul kan word. Hoe moet ons dan nou verstaan dat Jesus, die Onskuldige, nou soos n sondaar behandel moet word? - Soos iemand wat sonde het om te bely? Het Hy dan enige sonde gehad om te bely? Inteendeel: Het Hy dan nie gekom as Verbonds-engel om vir Israel die stryd te kom aansê nie? Maleagi sê dan Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die seep van die wasser, en vra : Wie kan standhou as Hy verskyn? Johannes (Mat.3:12) het dan van Hom gesê: Sy 2 / 5

skop is in sy hand, en Hy sal Sy dorsvloer deur en deur skoonmaak sy koring sal Hy bymekaarmaak maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand! En nou kom Hy en dring daarop aan om soos n sondaar behandel te word? En Hy sê dat só moet God se geregtigheid vervul word? God se geregtigheid is immers dat sonde gestraf moet word en God het gesê die loon van die sonde is die dood (Rom.6:23)! Hoe moet daardie geregtigheid dan nou geskied? Hoe verklaar ons dat hierdie Lam van God nou soos n sondaar behandel word dat Hy as t ware in die skoene van die sondaar kom inklim en só as t ware kom induik onder die regverdige toorn van God wat Hy moes kom aankondig? Kom ons kyk wat staan daar in Lev. 16: Hiermee saam moet ons in gedagte hou dat God se Woord ons leer dat al hierdie rituele wat Israel moes uitvoer, vooruit sien na Jesus Christus wat sou kom. (Aanmoediging: Lees gerus Hebreërs, wat verduidelik hoe Jesus Christus d.m.v. die godsdienstige rituele vooruitgesê/voorspel word (vernaamlik Hebr. hoofstukke 9-11). In Lev. 16:15,16; 20-22 lees ons van die twee bokke wat altwee heenwys na die versoeningswerk van Jesus. Die een bok vir God (as sonde-offer) en die ander een vir Asásel (= sondebok/scape goat). Wanneer die hoëpriester hulle sondes oor die kop van lg. bok bely, gaan dit oor op die sondebok en dié word weggelei na die woestyn en daar gelaat. Jesus kom wel om God se regverdige toorn uit te spreek oor die onbekeerlikes maar hier, waar die verbondsverbrekers hulle sondes bely, kom Hy as t ware in die skoene van die skuldiges inklim en Hy word behandel as n sondaar. Johannes het so pas gesê dat Hy (nou) die sondes van die wêreld wegneem ( optel en wegdra ). Hy neem daardie sondes wat bely is op Homself, die Vader salf Hom met die Heilige Gees, en die Heilige Gees lei Hom weg na die woestyn en laat Hom daar - om deur die duiwel versoek te word. Só maak Jesus die vooruitwysing na Hom in Lev. 16 waar. Hy (simbolies -) tel die sondes op en dra dit weg na die woestyn, soos die sondebok van ouds. Hier het Jesus, wat die toorn en straf van God moes kom aansê, Homself as t ware kom inskuif onder die straf van God en in die plek van die verbondsverbrekers kom staan. 3 / 5

(Tussen hakies - hier word Hy ook deur die Vader gesalf as Christus gesalf om Sy amp as Redder, Verlosser te vervul. Dáárom het die engel vir Maria gesê: Jy moet Hom Jesus noem, want dit is hý wat Sy volk van hulle sondes sal verlos ). Dit is presies wat Jesus daardie dag kom doen het vir elke verbondsverbreker wat wou kom en sê: Ek bely. Ek is skuldig. Ek wil my saak met U regmaak. Daardie dag toe Jesus deur Johannes gedoop is, was dit die Regter wat in die skuldige se plek kom staan het, soos n sondaar behandel is, die sonde op Hom geneem het, weggelei is na die woestyn (soos die sondebok van ouds), en ja daardie sonde het Hy drie jaar vêr na die kruis van Golgota gedra en die doodstraf daarvoor ondergaan God het immers deur Paulus gesê: Die loon van die sonde is die dood (Rom.6:23) dít is Sy geregtigheid wat vervul moes word deur Jesus. SOMMIGE BYKOMENDE OPMERKINGS: 1. Johannes se doop was spesifiek gerig op die destydse verbondsvolk van God NIE vir dié wat tot geloof in Christus gekom het nie. In Hand.19 lees ons van omtrent 12 Efesiese Jode wat deur Johannes met die doop van bekering (oor hulle verbonds-gedoop was, maar intussen die evangelie gehoor het en dissipels van Jesus geword het. Toe Paulus egter vir hulle die verskil verduidelik, is hulle gedoop in die Naam van Jesus. 2. Johannes se doop was n voorbereiding van die pad wat Jesus moes loop, nl. om DIÉ sondebok / scape goat vir ons te word. 3. Johannes het NIE gedoop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees nie. 4. Die water van Johannes se doop kón nie vooruitwys na die bloed van Jesus wat sou vloei nie geen water in die Ou Testamentiese bedeling kon dit doen nie. Johannes se doopwater was eerder verteenwoordigend van God se oordeel. (In die Ou Testamentiese bedeling waarin Johannes opgetree het, was water, vuur en rook tekens van God se oordeel.) 5. Die christelike doop is eers ongeveer 3 jaar ná Johannes ingestel deur Jesus. 6. Ek kan nie Jesus se voorbeeld met Sy doop volg nie: Want ek kan nie sonder sonde gaan staan om gedoop te word nie, ek kan nie met my doop die sonde van die wêreld optel en wegdra nie, en ek kan nie met my doop alle geregtigheid vervul nie. 4 / 5

Ds. Gideon Aggenbag - Ds. Gideon Aggenbag het opgegroei in die AGS. Op 40-jarige leeftyd het hy n intensiewe studie van die doop onderneem. Op 42 het hy op Stellenbosch gaan studeer as NG Kerk predikant, waar hy ook sy skripsie oor die doop geskryf het. Hy is nou n emeritus (afgetrede predikant) en nog baie aktief. Hy beskou die Bybelse inhoud as die onfeilbare, betroubare, geïnspireerde en heilige Woord van God, en die suiwer verkondiging van die evangelie bly nog steeds sy eerste prioriteit. Hy verwerp ten sterkste die beginsels van historiese kritiek en die meegaande herinterpretasie van die Bybel. Kyk ook: - Is Rom 6:4 en Kol 2:12 die Doopsakrament? - Resensie op Philip Fourie se DIE VERWARRING IN DIE KERK OOR DIE DOOP 5 / 5