Die Wet. Voorwoord en oorsig

Similar documents
Gen 3:1-15; Gen 17:1-14 Die HERE se genade-verbond met ons en ons kinders... en hoe dit nooit losstaan nie van ware geloof en die belydenis daarvan.

ANTWOORDE OP DIE VERSKILLENDE SIENINGS VAN DIE DOOP

NUWE VERBOND. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 16 Julie Page 1 of 10

TORAH (WET) EN GENADE LES 12: SLOTGEDAGTES

Nuwe Verbond gelowiges het die wet nagekom!! Yeshua Yeshua was 'n wetsgehoorsame Jood en het die wet volmaak gehou en geleer. Deut 4:2 "Julle mag by d

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 16 SEPTEMBER 2010 Act No, 5 of 2010 SOCIAL ASSISTANCE AMENDMENT ACT GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type

Die Geldigheid van Torah onder die Nuwe Verbond

R E A S O N S F O R J U D G M E N T. applicant also being tried on a further charge of indecent assault. It was alleged

HANCKE, J et MOCUMIE, J. [1] This matter came before me on automatic review in terms of. section 302 read with 304 of the Criminal Procedure Act 51

Pretoria- 21 Mei 2009

VAN ZYL, J et MOCUMIE, J. [1] This matter came before me on automatic review in terms of. section 302 read with 304 of the Criminal Procedure Act, No.

NORTHERN CAPE HIGH COURT, KIMBERLEY

Kyk ook: Soveel so dat Jesus by geleentheid gehuil het en gesê het:

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST HIGH COURT, MAFIKENG THE STATE AND THABANG LERUMO THSEPISO MASANGO BAFANA MATANA NKOSINATHI MTSHWENI

Die Verbond. Deur die eeue heen, het God verskeie verbonde met die mens gesluit, ooreenkomstig die omstandighede van daardie tye.

LEBOGANG GODFREY MOGOPODI

IN THE LAND CLAIMS COURT OF SOUTH AFRICA

Die Verbond van Geregtigheid Shama Ministries Bladsy 1

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

UITSPRAAK IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF PRETORIA (REPUBL1EK VAN SUID-AFRIKA) ) seres SAAKNOMMER: 38798/2006. In die saak tussen: Applikant

Nuusbrief / Newsletter NOVEMBER 2017

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (EASTERN CAPE DIVISION) CA&R No: Review No: Date Delivered: In the matter between: JUDGMENT

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

DIE WISSELWERKING TUSSEN DIE VERBONDE VAN DIE BYBEL. 1. Inleiding

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA SOUTH GAUTENG HIGH COURT JOHANNESBURG

Government Gazette Staatskoerant

Waarheid? Is dit werklik die Waarheid? n Apologetiese antwoord Hennie van Wyk

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA [CAPE OF GOODHOPE PROVINCIAL DIVISION]

2 No Act No.6, 2006 SECTIONAL TITLES AMENDMENT ACT, 2006 GOVERNMENT GAZETTE, 25 JULY 2006 GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type in squar

Christene wat die gesag van die Ou Testament verwerp, sien dikwels die gee

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Government Gazette Staatskoerant

/15. Four new legal opinions have also been posted on our website. They are:

1] On 11 August 2011 the accused appeared before the Magistrate,

Doreen Lame Serumula. Thesis submitted in partial fulfilment ofthe LLM degree at the University of Stellenbosch

COURIER. Do levy claims prescribe?

[1] The Appellant, accused 2, is a 25 year old man, who was charged with a. co-accused, accused no. 1, in the Thaba N chu Regional Court on two

Nuwe Lied Bediening. Parashah 11: Vayigash En Hy Het Nader Gekom

DIE VERBOND VAN OU TESTAMENT NA NUWE TESTAMENT Pro/- H. F. van Rooy

OFFICIAL GAZETTE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. R0,30 Dinsdag 26 Julie 1988 WINDHOEK Tuesday 26 July 1988 No 5579 INHOUD: CONTENTS:

Die Verbondsark (2) Die Verbondsark (2) Coen Slabber

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH GAUTENG HIGH COURT) JUDGMENT. The defendant applies to court for an order in terms of which the plaintiff is

Is s 2(3) of the Wills Act 7 of 1953 finally tailored? Prof Francois du Toit. FISA Conference. September 2012

2 No Act No.7, 2005 SECTIONAL TITLES AMENDMENT ACT, 2005 GOVERNMENT GAZETIE, 13 JULY 2005 GENERAL EXPLANATORY NOTE: Words in bold type in squar

Copyright reserved Outeursreg voorbehou

Proclamations Proklamasies

FERDINAND WILHELMUS NEL ETIENNE BRITZ MINISTER OF SAFETY AND SECURITY. SENIOR SUPERINTENDENT L. S. MOFOKENG 2 nd Defendant CAPTAIN W.

Amanda Buys se Geestelike Dekking

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (EASTERN CAPE DIVISION, GRAHAMSTOWN)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 STAATSKOERANT

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN) FRANCOIS JOHANNES WIUM JUDGMENT DELIVERED 28 MAY 2104

Government Gazette Staatskoerant

In the matter between: Case No: 607/2010

Government Gazette Staatskoerant

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WITWATERSRAND LOCAL DIVISION)

DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 244: 2017 MONETARY POLICY

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG. V. V. A. Applicant. V. T. L. Respondent DATE OF HEARING : 05 SEPTEMBER 2015

Government Gazette Staatskoerant

Nadenke oor die kerkbegrip: Enkele perspektiewe op grond van die Deuteronomistiese geskiedenis

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG JACOBUS FREDERICK ENSLIN. WYNAND COENRAAD JACOBUS BEZUIDENTHOUD N.

EXHAUST & RADIATOR SERVICES

DIE HUWELIKSVERBOND OPGESTEL DEUR. Johan Kriel

Creditor Particulars To be attached to the Claim Form

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA FREE STATE DIVISION, BLOEMFONTEIN

Is God n Verbondsgod?

CRIMINAL LAW (SEXUAL OFFENCES AND RELATED MATTERS) AMENDMENT ACT AMENDMENT ACT

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

THE APPLICATION OF THE DOCTRINE OF RES IPSA LOQUITUR TO MEDICAL NEGLIGENCE CASES: A COMPARATIVE SURVEY PATRICK VAN DEN HEEVER DOCTOR LEGUM

194/85 DAWID TIEMIE ISMAEL LOFF JOHANNES TIEMIE AND THE STATE

GOVERNMENT GAZETTE STAATSKOERANT

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 STAATSKOERANT

IN THE NORTH WEST HIGH COURT (MAFIKENG) CASE NO. 1264/2006. In the matter between: and THE MEC FOR EDUCATION, NORTH WEST PROVINCIAL GOVERNMENT

THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

.. That ~s correct, but as I stated when dealing with Objection

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA CAPE OF GOOD HOPE PROVINCIAL DIVISION

KRANSPOORT EIENAARS KOMITEE (REGISTRATION NO: 2004/023323/08) First Respondent. Second Respondent JUDGMENT

OFFICIAL GAZETTE. Government Notice. Goewermentskennisgewing. R0,30 Tuesday 31 March 1987 WINDHOEK Dinsdag 31 Maart 1987 No 5338 INHOUD: CONTENTS:

GOVERN]dENT GAZETTE STAATSKOERANT

MINISTER OF SAFETY AND SECURITY...1 ST DEFENDANT POLICE SERVICE...2 ND DEFENDANT CONSTABLE TSHILO...3 RD DEFENDANT JUDGMENT

Stellenbosch United Newsletter #10 MAY Preparation for Palm Sunday

SEPTEMBER 11, 2001: A CRITICAL ANALYSIS OF IDEOLOGICAL REPRESENTATIONS ON TELEVISION NEWS

Republic of South Africa IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE HIGH COURT, CAPE TOWN) HERMAN ALBERT VAN DER MERWE

Berou en bekering in die prediking van die profete: geinterpreteer binne die raamwerk van die verbond

FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CARLLO ANDRIAS GAGIANO

The accused in this case is a 20 year old first offender who was arraigned. in the Magistrate s Court at Odendaalsrus on 4 counts of housebreaking

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (ORANGE FREE STATE PROVINCIAL DIVISION) Case No.: 1116/2006. In the case between: ALL GOOD THINGS 149 CC.

GOVERNMENT G - AZETTE STAATSKOERANT VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. I No September 1998 No September 1998

Volkskasgebou 613 Markstraat Telefoon PRESENT APOLOGIES 1.2 VERSKONINGS. Clr/Rdl C Venter WELCOME 2

FILING SHEET FOR HIGH COURT, BISHO JUDGMENT MINISTER OF SAFETY & SECURITY & ANO. [1] Case Number: 317/05

OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDif\IARY

MR THIBILE ELVIS SEHLABAKA

GOVERNMENT GAZETTE, 1 APRIL 2010 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not received

GIDEON JAKOBUS DU PLESSIS APPLICANT WILLEM JACOBUS DU PLESSIS N.O SECOND RESPONDENT JUDGMENT

INTERNATIONAL BIDDING AND THE IMPLEMENTATION OF COUNTERTRADE TO DEVELOP LOCAL ENTERPRISES: A CASE STUDY OF THE SOUTH AFRICAN ARMS DEAL

Regulation Gazette No Regulasiekoerant Vol. 510 Pretoria, 4 December 2007 Desember No

IN THE LAND CLAIMS COURT OF SOUTH AFRICA

Kyk ook: Inleidend. Die skrywer verwar deurlopend Johannes se bekeringsdoop met die christelike doop. Terwyl

OFFICIAL GAZETTE. Government Notice. Goewermentskennisgewing. 30c Wednesday 18 December 1985 WINDHOEK Woensdag 18 Desember 1985 No 5155

1:9'.t.:~7,?f(~. AJ~1( ~ And. Case number: 30836/2016 Date: IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) In the matter between:

Transcription:

Die Wet Voorwoord en oorsig Jahshua het uit die staanspoor van sy prediking teenstand gekry oor die Wet. Beskuldigings teen Hom oor die Wet was ook een van die groot dryfvere agter sy kruisiging. Die apostels en die eerste gemeentes is vervolg op beskuldiging van ongehoorsaamheid aan die Wet van Moses, misleiding van die volk, en selfs opstand teen die owerhede. En dit omdat hierdie nuwe 'Weg' afskrywing van sondeskuld en vryheid van die Wet verkondig het. Dit lyk soms of hierdie groot konflik en stryd oor die Wet wat van die begin af op die voorgrond was, vandag minder fel is en in die moderne Christelike kerkwêreld op 'n manier uitgesorteer is. Dit is 'n groot fout om so te dink. 'n Bestudering van die verskillende Christelike gelowe uit hierdie oogpunt ontbloot heelwat wettiese ondertone. Daarmee saam is daar dikwels 'n gebrek aan reguit en dapper onderskeid tussen die Ou en Nuwe Testamente ten opsigte van die Wet. In SA kry ons te doen met geloofsgroepe wat onderhouding van die Ou-Testamentiese Wet, of gedeeltes daarvan, sterk voorstaan. Baie gelowiges wat daarmee te doen kry raak in 'n persoonlike stryd gewikkel om tot helderheid en sekerheid te kom oor wat God van hulle verwag. Hierdie studiestuk word aangebied as 'n hulpmiddel om die probleem beter te verstaan en om antwoorde te vind. Inhoud-oorsig: Probleemstelling: watter wette geld vandag, en hoe moet ons dit gehoorsaam? Daar is verskillende en botsende oortuigings oor die Ou-Testamentiese Wet. Die OT en die Wet was die basis van die Verbond tussen Jahweh en Israel. Tien van die twaalf stamme is gestroop van die Verbond en die Wet, en het verlore gegaan. Israel het egter bly voortbestaan tot 70 NC, deur die twee stamme Juda en Benjamin. Israel as nasionale entiteit met die Ou Testament en die Wet sal nooit weer herstel nie. Jahshua het 'n Nuwe Testament opgerig met 'n oorblyfsel van Israel, naamlik sy gemeentes. Die doel, praktyk en uiteinde van die Nuwe Testament verskil grootliks van die Ou Testament. Daar is egter belangrike verwantskappe tussen die Ou en Nuwe Testamente: die Oue was die wegbereider vir die Nuwe en vir Jahshua. In die Nuwe Testament geld slegs die reëls en gebooie van Jahshua, wat deur die apostels neergelê is. Daar is nie meer 'n Ou Verbond en 'n Wet nie. Die Nuwe-Testamentiese reëls en gebooie is die vervulde Wet, naamlik liefde tot God en liefde tot jou naaste. Die Nuwe Gebod word prakties uitgeleef onder die leiding van die Heilige Gees, volgens die Woord van Jahshua wat ingeplant is in die hart en verstand van wedergebore kinders van God. Verder word 'n aantal probleem-tekste oor die Wet behandel. Johan Marais Februarie 2017 1

Inleiding Die mens het nog altyd te doen gehad met wette reëls, regulasies, verordeninge wat sekere dinge voorskryf of bepaal. Die wêreld en sy samelewings word daardeur gevorm, terwyl elke indiwidu die gesag en uitwerking daarvan in sy eie lewe ervaar. Daar is baie soorte wette in die wêreld. Die natuurwette, byvoorbeeld, is vaste reëls waarvolgens sekere gebeure verloop, en geen mens kan iets daaraan verander nie. Dan is daar sosiale wette, wat deur mense geskep word en wat meer op die wil van die mens staatmaak om dit te laat werk. Dit kan geïgnoreer, oortree of verander word, met of sonder gevolge. Die doel van sosiale wette is om orde, vrede en vooruitgang te bevorder sonder om die menslike wil en kreatiwiteit heeltemal in te perk. Ondervinding het geleer dat sosiale wette slegs kan aanhou werk met goeie opvoeding en gedurige inskerping, saam met streng en konsekwente toepassing van die reg. Mense is nou maar eenmaal geneig om dwars te wees en deur selfsug en ongehoorsaamheid hul eie en ander se ondergang te veroorsaak. Afgesien van die natuurwette en die baie mensgemaakte wette in die wêreld, sien ons in die Bybel dat God ook 'wette' vir mense gee. Dit is hoofsaaklik Godsdienstige, geestelike wette, of opdragte, wat op Hom en sy koninkryk betrekking het. Dit gaan ook altyd gepaard met verbonde, of ooreenkomste, wat Hy met mense sluit. Die Ou Testament, ook bekend as die Ou Verbond tussen God en Israel, het byvoorbeeld gepaard gegaan met die Ou Testamentiese Wet, wat die voorwaardes van daardie verbond gestel het. Ons lees van 'n hele paar verbonde in die Bybel, elkeen met sy eie wette en elkeen met sy eie unieke doel en afloop. Gehoorsaamheid aan God se wette of opdragte is altyd noodsaaklik: gebrek daaraan lei tot die einde van die betrokke verbond en die noodwendige gevolge. Ongelukkig is daar vandag verskillende oortuigings oor die verbonde en wette in die Bybel. Daar is soveel oortuigings as wat daar kerke is! Sommige geloofsgroepe sal sê dat sekere verbonde vandag nog in werking is en dat die voorwaardes (wette) van daardie verbonde steeds geld. Ander groepe sal weer dink dat verbonde deur die geskiedenis gekom en gegaan het en dat byvoorbeeld net die Nuwe Testament, saam met sekere wette, vandag geld. Die rede vir die verskillende oortuigings is natuurlik dat die Bybel verskillend verstaan word deur mense. Dit veroorsaak al baie eeue lank partyskappe, konflik en bittere skeurings binne die Christendom. Vandag is baie van ons in hierdie situasie in die kringe waarin ons beweeg, met die volgende vraag in onrustige gemoedere: watter wette geld vandag, en hoe moet ons dit gehoorsaam? Die regte antwoorde bepaal ons verhouding met God. Ons begeer om in sy wil te wees omdat Hy ons liefhet en ons Hom graag in waarheid wil aanbid. U sal hopelik ontdek dat pogings om byvoorbeeld die Ou Testamentiese Wet te onderhou 'n diepgaande invloed het op 'n mens se verhouding met God. Die doel van hierdie studiestuk is om die antwoord op die vraag hierbo in God se woord - die Bybel - te probeer ontdek. 2

Verbonde en wette in die Bybel Om eers 'n geheelbeeld van die onderwerp te kry kyk ons kortliks na al die Bybelse verbonde en gepaardgaande wette: In die Paradys Die heel eerste wet is aan die mens gegee net nadat God hulle geskape het. Hy het sekere opdragte aan hulle gegee, soos om die aarde te bewoon en oor alles te heers (Gén 1:28), maar daar was ook 'n wet wat hulle verbied het om van 'n sekere boom in die tuin te eet (Gén 2:17). Dit was vóór die sondeval, wat hierdie wet iets besonders gemaak het. Wat was God se doel met daardie wet, terwyl daar nog geen sonde was nie? Dit word ook die proefgebod genoem, bedoelende dat God die eerste mensepaar daarmee wou toets, selfs onder aanslag van versoeking. Toe die mens misluk was daar 'n herstelplan gereed, wat heengewys het na die Verlosser wat uit die vrou sou voortkom (Gén 3). Die gedagte van 'n proefgebod - dat God die mens daarmee wou toets - mag waarheid inhou, maar dis nie noodwendig die enigste verklaring nie. Die Bybel verduidelik nie waarom God daardie wet ingestel het nie; al wat ons lees is wat die gevolg van oortreding sou wees, naamlik dat hulle sou sterf. 'n Ander moontlike verklaring is dat God daardie gebod gegee het nie as 'n negatiewe toets nie, maar eerder as 'n positiewe geleentheid vir die mens om deur volhoubare, vrywillige gehoorsaamheid daaraan, te groei in volkome lojaliteit en liefde vir God. So 'n verklaring wys dan ook op die goeie doel van God se wette, naamlik om te beskerm, te bewaar en tot volmaaktheid te bring, eerder as om te kortwiek en te veroordeel. Maar die Bybel gee ook nie daardie spesifieke verklaring nie dis maar 'n menslike uitleg. Ons kan net wonder oor die werklike rede. Een ding weet ons darem verseker: dit was nie God se doel dat die mens voor die versoeking moes swig en oortree nie. Toe dit tog gebeur was Hy oneindig hartseer en het dit later berou dat Hy die mens gemaak het (Gén 6:6-7). Die herstelplan wat Hy ingestel het in plaas daarvan om die mens te verdelg is wonderbaarlike genade wat ons maar net in dankbare blydskap voor Hom kan laat buig. Noag Van die sondeval tot voor Noag verloop 'n tydperk van toenemende bederf, sonder besondere bemoeienis van God met die mens of die instelling van enige ander wette. Noag kry dan die opdrag om die ark te bou en 'n klomp ander dinge te doen (Gén 6-7). Na die vloed sluit God die 'reënboogverbond met hom en gee daarmee saam verdere opdragte, wat dalk in 'n sekere sin ook as 'wette' gesien kan word (Gén 9). Abraham Na Noag gaan die lewe voort totdat God Abraham roep en 'n verbond met hom sluit (Gén 15). Dié verbond sluit 'n aantal beloftes in wat aan Abraham gemaak word, soos dat hy baie geseënd sal wees, 'n groot nageslag sal hê, ens.. Saam met die verbond ontvang hy die besnydeniswet (Gén 17). So was dit ook met Isak en Jakob, deur wie God sy verbond met Abraham voortgesit het. 'n Betekenisvolle aspek van hierdie verbond was dat geloof alleen tot geregtigheid gelei het, sonder dat dit verdien moes word deur werke of nakoming van wette. Gehoorsaamheid aan die besnydenis-opdrag het in elk geval geen geregtigheid vir hulle verdien nie. Moses Naby die einde van Jakob se lewe beland sy twaalf seuns en hulle families in Egipte, waar hulle honderde jare lank in sware slawerny verval, en dit blyk dat God hulle totaal versaak het. Maar Hy bly 3

getrou aan sy beloftes en lei hulle met 'n kragtige hand deur Moses uit na 'n beloofde land van voorspoed en geluk. Aan die begin van hierdie pad sluit Hy 'n baie hegte verbond met hulle 'n huweliksverbond soos tussen 'n Man en vrou. En net soos 'n huwelik gebou word op 'n liefdesverbond met 'n kontrak en voorwaardes, het dit ook hier gebeur: die Man maak homself as JAHWEH bekend aan sy bruid Israel, tree in 'n permanente verbond met haar en bekragtig 'n volledige stel wette, insettinge en verordeninge as die voorwaardes van daardie besondere verbond. Dawid Sommige Bybelstudente dink dat Jahweh ook met Dawid 'n verbond gesluit het, volgens 2 Samuel 7:8-16. Daarvolgens was Dawid se nageslag vir altyd gewaarborg en sou sy koningskap, of troon, vir ewig vasstaan en bestendig wees. Dit kan egter ook gesien word as nie soseer 'n verbond nie, maar bloot 'n belofte wat aan Dawid gemaak is. Hierdie belofte is in elk geval van groot belang aangesien dit 'n duidelike verwysing was na sy verre nageslag in die persoon van Jesus Christus (Jahshua), wie se Koninkryk onoorwinlik en ewig is. Aangesien daardie belofte (of verbond) nie enige wette ingesluit het nie, is dit nie verder van spesifieke belang vir hierdie studie nie. Jahshua Die Nuwe Testamentiese verbond is deur Jahshua ingelui nadat Hy die Ou Testament vervul het. Daar is volop tekste dwarsdeur die NT wat hierop betrekking het, maar dit blyk sommer klaar duidelik in die volgende tekste: Jer 31:31-33, Matt 5:17-18, Matt 26:28, Luk 24:27,44-47, Joh 19:30, Hand 2, Heb 8:8-13. Die NT verskil van die OT in vele opsigte, onder andere dat dit gegrond is op die voorwaardes van verlossing deur Jahshua se bloed en op geloof en genade, anders as die Ou Testament wat gegrond was op die voorwaardes van die onderhouding van die Ou-Testamentiese Wet (Rom 10:4-10, Ef 2:8-10, 2Tim 1:9). Die NT verwys dikwels na die OT wette en profesieë, veral om aan te toon dat Jahshua die uiteindelike verwerkliking daarvan is. Maar dis uit die staanspoor duidelik dat die NT sy eie stel riglyne en reëls ('gebooie') bekendmaak, soos waarna Joh 13:34 en 1Joh 2:7-8 byvoorbeeld verwys. Hierdie nuwe gebooie word volop toegelig met praktiese voorbeelde, soos in Jahshua se bergpredikasie (Matt 5-7) en die sendbriewe aan die gemeentes. Kyk byv. Gal 5 en Efes 6. Alles kom neer op een groot wet, nl. die wet van die liefde (Joh 13:34). Verskillende oortuigings oor die Wet Die verskille in geloofskringe oor God se wette gaan nie soseer oor die 'wette' wat byvoorbeeld in die Paradys of op Noag van toepassing was nie, maar meer oor dié wat betrekking het op die verbond met Abraham en op die OT en NT. Ons fokus nou verder op hierdie drie verbonde. Vir die doel van hierdie studie gebruik ons die term Wet (met hoofletter W) om spesifiek na die OT Wet, of die Wet van Moses, te verwys. Wat die NT betref praat ons van wette, gebooie, die wet van Jahshua of die wet van die liefde. Daar is heelwat uiteenlopende oortuigings in Christelike kringe oor die Wet. Sommiges is oortuig dat sekere dele van die Wet van krag bly tot in die NT, volgens tekste soos Matt 5:18-19, 7:12, 22:34-40 en Rom 3:31. Ander gelowiges gebruik hierdie einste tekste om net mooi die teenoorgestelde aan te toon, naamlik dat slegs die NT en die wet van die liefde vandag geld. Die verskillende oortuigings kan miskien so opgesom word: 4

1 Die OT is nog in werking (saam met die NT), dus bly die hele Wet steeds geldig. Ons moet dit sover moontlik gehoorsaam, en waar ons faal ontvang ons genade deur Jahshua. 2 Die OT is vervul, dus is sekere gedeeltes van die Wet, soos byv. die offerwette, nie meer in werking nie. Sekere dele van die Wet geld egter steeds in die NT, tot by die wederkoms van Christus (byv. sekere feeste en die Sabbat) terwyl sommige ander dele van die Wet tot in ewigheid bly staan (byv. die Tien Gebooie). 3 Die OT is vervul, afgehandel en nie meer in werking nie. Die Wet is nie meer van toepassing op ons nie maar ons gehoorsaam steeds sekere dele daarvan, soos die Tien Gebooie, bloot uit dankbaarheid en liefde vir God. 4 Die OT is vervul en afgehandel, en nie meer in werking nie. Die hele Wet is dus opgehef en tot niet. Niks uit die Wet kan oorgedra word na die NT nie. Nou geld slegs die NT en die wet van die liefde, soos deur Jahshua en sy apostels verkondig. As gelowiges weet ons deur die leiding van die Heilige Gees hoe om hierdie wet in enige gegewe situasie uit te leef. Die opsomming hierbo is maar een poging om die spektrum van sieninge te probeer verwoord. Al mag ons verskil oor die korrektheid of volledigheid daarvan gee dit nietemin 'n beskrywing van die probleem. Die beste pad uit hierdie doolhof van verwarring oor die Wet is om eers te begryp wat dit was, wat die doel daarvan was, hoe dit in praktyk gewerk het en wat uiteindelik daarmee gebeur het. Net so met die Nuwe Testament en 'die wet van Christus'. Daarna sal ons die verwantskap tussen die Ou en die Nuwe kan vasstel, wat sal help om die betekenis en geldigheid, al dan nie, van die Wet vir vandag te verstaan. Wat is die Wet? Die Ou Testamentiese Wet Dit word ook genoem die Wet van Moses, aangesien hy as middelaar tussen Jahweh en Israel opgetree het. Die hele Wet was alleen deur Moses aan die volk oorgedra en ingestel. Moses was ook 'n OT skadubeeld van Jahshua. Namate Jahweh die volk begin voorberei het vir hul uittog uit Egipte, het Moses die Paasfees, of Pasga, en die wet van die eersgeborenes as wette ingestel (Exod 12, 13). Kort na die uittog lees ons die eerste keer van die Sabbat (Exod 16), wat toe alreeds in gebruik was netsoos die besnydenis. Drie maande na die uittog kom die volk by die berg Sinai aan, waar Jahweh die verbond van die Ou Testament met haar sluit (Exod 19:5-20, 24:1-8). Dit was blywend, eksklusief en heilig, soos 'n huweliksverbond. As voorwaardes van die verbond ontvang hulle die Tien Gebooie, wat deur Jahweh op twee kliptafels geskryf was. Daarna ontvang Moses nog baie ander wette, verordeninge en insettinge, wat byv. die groot Feeste (Lev 23) ingesluit het. Hy kry ook instruksies vir die voorbereiding en oprigting van die Tabernakel, gepaard met 'n groot verskeidenheid uitrusting, toerusting, meubels, altare ens., waarvan die belangrikste natuurlik die Ark met sy inhoud was (Exod 25 e.v.). En dan was die allerbelangrike Priesteramp ingestel vir die uitvoering van 'n verskeidenheid take (bedieninge) met betrekking tot die Wet en die tabernakel (Exod 29 ens.). 5

Die doel van die Wet Die Wet was die grondslag en inhoud van 'n volledige volkshuishouding vir Israel. Dit was uit Jahweh se genadige en liefdevolle hand en bedoel om sy volk te heilig, te beskerm en te bewaar teen sonde (byv. Lev 1-9), te versorg (byv. gesondheidswette soos in Lev 13-14) en om hulle voor te berei vir die koms van Jahshua deur byv. die gereelde groot feeste (Lev 23). Die Wet was dus bedoel om die Verbond te beliggaam en in stand te hou. Die Wet in praktyk Die alledaagse lewe van die volk Israel het natuurlik bestaan uit die gewone sosiale, werks-, en oorlewingsbedrywighede van die tyd, in 'n harde en uitdagende woestyn-omgewing. Hul bestaan was egter besonderlik gekenmerk deur 'n kultuur en 'n missie wat heeltemal verskil het van al die ander volke. Eerstens was JAHWEH hulle God, en hulle God alleen. Tweedens was die Wet alleen op Israel van toepassing, wat hul kultuur totaal uniek gemaak het. Derdens was hulle op 'n unieke missie naamlik om hul beloofde land binne te gaan (Deut 6 en 7). Die daaglikse, praktiese toepassing van die Wet het het o.a. die volgende behels: geloof in Jahweh, en volkome liefde vir Hom en vir mekaar (Deut 6:5, Lev 19:18) 'n groot aantal 'moets' en 'moenies' vir hul daaglikse aktiwiteite; 'n hele aantal feeste en sabbatte as deel van hul jaarlikse kalender (o.a. Lev 23); 'n sisteem van offers vir oortredings teen die Wet, wat vir die oortreders versoening met Jahweh bewerk het (byv. Lev 4, 5); die toepassing van allerhande strawwe (byv.exod 21-22), insluitende die doodstraf (byv. Lev 20), vir sekere misstappe en sondes. Die uiteinde van die Wet Jahweh het die volk by verskeie geleenthede gemaan om die Wet te onderhou, met beloftes van seën op gehoorsaamheid of bedreiginge van straf vir ongehoorsaamheid (byv. Lev 26, Deut 4, 6, 8, 28). Van die boek Rigters af tot by die laaste profeet Maleági sien ons hoe Israel gefaal het in die onderhouding van die Wet, in weerwil van gedurige waarskuwings en vermaninge deur Moses, Joshua en die profete. Vir tien van die twaalf stamme het dit uiteindelik gelei tot die beëindiging van die Verbond (Jer 3, 2Kon 17) en wegvoering na Assirië, "weg van die aangesig van Jahweh" (2Kon 17:23). Die Verbond (OT) het dus vir hulle tot niet gegaan - ook ten opsigte van die Wet, aangesien letterlik alles wat die uitvoering daarvan moontlik gemaak het - die tempels, priesters, wetboeke, altare, ens. - finaal van hulle gestroop is. Dit moet ook in gedagte gehou word dat hulle Jahweh alreeds vroeër, met die skeuring van die ryk, versaak het, sodat hulle teen die tyd van hul wegvoering na Assirië klaar geestelik bankrot was. Die Verbond is egter nie met die orige twee stamme (Juda en Benjamin) beëindig nie, alhoewel hulle ook later gestraf en weggevoer is, dié keer na Babilon. n Klein gedeelte van hulle het kort daarna teruggekeer na Jerusalem, die stad se mure en die tempel herbou en die Wet in ere herstel (Jer 3:8, 2Kon 24, 25, 2Kron 36, Esra-Nehemía). So is hierdie twee stamme in 'n heilige verhouding met Jahweh bewaar. Hulle het die hele Israel verder verteenwoordig. Dit moet gemeld word dat sommiges uit die tien stamme tydens of net voor hul eie ballingskap honderde jare tevore, na die twee stamme toe 6

oorgevlug het. Daar was dus darem 'n klompie van die tien stamme wat altyd deel van Israel gebly het. Hierdie oorblyfsel van nasionale Israel, wat hoofsaaklik uit die twee stamme Juda en Benjamin (en natuurlik ook die nodige gedeelte van die stam van Levi) bestaan het, het gedurende die 'stil' periode tussen die Ou en Nuwe Testamente bly voortbestaan, en wel tot 70 jaar na Jahshua. Met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse generaal Titus is die tempel vernietig, byna almal in die stad doodgemaak en die res in alle rigtings verstrooi. Dit is deur Jahshua voorspel as die 'groot verdrukking' en 'begin van die smarte' (Matt 24, Mark 13 en Luk 21). Dit was die finale einde van Israel as nasionale entiteit en van die Ou Testament - die Ou Verbond tussen Jahweh en Israel. Die vernietiging van die nasionale kultuur-sisteem waarbinne die Wet bestaan het, het enige verdere funksionering van die Wet uiteraard onmoontlik gemaak. Jahweh het dit so toegelaat as deel van sy wil en reddingsplan vir sy volk, wat uiteindelik moes begryp dat die OT sy doel gedien het en dat Jahshua 'n Nuwe Testament ingestel het. Matt 27:51 vertel dat toe Hy sterf die voorhangsel van die tempel in twee geskeur het. Dit was 'n ingrypende verandering in die hart van die tempel. Wie sou waag om die voorhangsel weer aanmekaar te werk, of met 'n nuwe een te vervang? Die tempel kon nooit weer 'herstel' word om soos voorheen te werk nie! Daar was baie pogings deur die geskiedenis om die Ou-Testamentiese Israel, die ou Verbond en die Wet te herstel. Dit was natuurlik telkens met uitsluiting van Jahshua, omdat die aanvoerders van daardie pogings Hom nie beskou het as die beloofde Verlosser van Israel nie. Vandag se moderne staat Israel is so 'n poging, aangevoer deur die Sionisme, 'n beweging wat in die laat 1800's tot stand gekom het. Die herstel van 'Israel' in hulle oorspronklike land (Palestina) is een van hulle doelwitte. Die blote feit dat vandag se staat Israel 'n nie-christelike opset is bewys klaar dat dit vals is. Boonop is die volkekundige identiteit van die Israeli's nie wat voorgegee word nie. Verder word Bybelse voorspellings oor die herstel van Israel heeltemal verdraai om in te pas by die stigting van die staat Israel in 1948. Sien byv. Hand 15:14-17, waar Jakobus praat van die herstel van Israel: met die gemeente van Antiochíë dit was toe reeds in proses, soos o.a. in Jes 11:11,12,16 voorspel. Jahshua is die Koning en die onderdane was die gemeente - die herstelde 'hut van Dawid'. Die Nuwe Testament In die OT was die klem op die Wet, wat die volk bewaar het en die Verbond met Jahweh beliggaam en in stand gehou het. In die NT gaan dit oor Jahshua. Ons gaan kyk of die Wet hier in die NT nog 'n funksie het, en indien wel, wat dit is. Terwyl die Ou Testament en die Wet besig was om af te loop was die Nuwe Testament al besig om wortel te skiet in die hart en verstand van die volk. Dit het by Johannes die Doper begin (Matt 11:12-13, Luk 16:16), is deur Jahshua self verder gevoer (byv. Matt 5-7, Joh 8) en na sy hemelvaart het sy apostels en ander ligdraers soos Stefanus die Nuwe Testament in die volle krag van die Heilige Gees wêreldwyd geproklameer (Handelinge). Maar die oue het nie sonder weerstand plek gemaak vir die nuwe nie. Die grootste stryd van die apostels en die gemeentes was dié teen die aanhangers van die OT Wet. Daar was 'n knaende en dikwels aggressiewe aandrang vanuit Jerusalem en die Judese kant van die gemeentes om, bo en behalwe die geloof in Christus, ook die Wet te onderhou. Sien byv. Hand 15, 21:20-25 en die briewe aan die Romeine, Galasiërs en Hebreërs, waar die stryd openlik en met dringende erns as hooftema gevoer word. In die ander NT briewe en boeke slaan die tema gereeld soos 'n goue draad deur. Die boodskap van die Nuwe Testament het egter kragtig bly groei in die waarheid van redding slegs deur 7

geloof en genade. Die verwoesting van Jerusalem het seker ook baie daartoe bygedra om hierdie moeilike oorgang van die OT na die NT aan te help. Hierdie stryd teen die onderhouding van die Wet toon duidelik dat die NT in sekere kringe gesien was as in konflik met die Wet. In watter opsigte? Die volgende punte verduidelik: Wat is die Nuwe Testament? Die eerste leidraad kom uit Matt 1:21: " dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos". Die NT is dus 'n 'verbond' waarvolgens iemand anders jou van jou sonde verlos. In die bedeling van die Wet was dit anders: verlossing van sonde was deur jou eie werke van die Wet, waar jy jou eie offers moes bring, soos byv. in Deut 28 en Lev. Matt 26:28 gee 'n volgende leidraad: " dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes." Die NT behels verlossing van sonde deur die dood van 'n mens, anders as met die Wet waar boetedoening en versoening deur die dood van 'n dier was. Verder lees ons dat Jahshua uit die dood opgestaan het. Hy vernuwe ons ook deur die afsterwe van die ou mens en die opstanding van 'n nuwe mens (Joh 3, 2Kor 4:14, Rom 6:4-5). Die wedergeboorte is dus 'n sleutel tot die NT. Dit was vreemd aan die Wet, volgens die Fariseërs en skrifgeleerdes se kennis daarvan (Joh 3:10). Nog 'n faset van die NT is dat die verlossing van sonde, soos hierbo beskryf, alleenlik plaasvind deur geloof in Jahshua, soos ons byv. sien in Joh 3:16, Mark 16:16, Rom 3-5, Filip 3:9 en baie ander plekke verderaan in die NT. Daar is geen regverdiging van sonde deur die doen van enige werke of wette nie. In die OT was die doen van die werke van die Wet noodsaaklik vir verlossing (Lev 18:5, Rom 10:5, Gal 3:12). Inlywing in die NT is verder 'n vrywillige besluit, wat met die teken van die doop van Jahshua bevestig word (Matt 28:19, Mark 16:16, Hand 2:38), teenoor inlywing in die Ou Verbond wat deur die Wet verpligtend gemaak was en deur die teken van die besnydenis beseël was. Israel van die NT is 'n 'geestelike huis', 'n oorblyfsel uit Israel, naamlik die gemeentes van Jahshua (Rom 8, 9, 11:5, 1Pet 1:1-2, 2:5,9-10, Ef 1:22-23). Israel van die OT het uit die hele volk bestaan. Laastens ontvang iemand wat in die NT ingelyf word die Heilige Gees, wat hom in die hele waarheid lei (Joh 16:13), terwyl iemand wat in die Ou Verbond ingelyf was die Wet ontvang het, wat uiterlik en volgens die letter uitgevoer moes word. Dit is dus duidelik dat die NT waarlik nuut is in alle opsigte. Dit het sy eie inhoud en karakter, wat heeltemal verskil van dié van die OT. Die doel van die NT Rom 1:16 verklaar dat die evangelie van Christus 'n krag van God is tot redding is vir elkeen wat glo. Rom 10:10 sê ook: met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Joh 15 verduidelik verder dat ons in Jahshua moet bly en Hy in ons. En dan sien ons die klimaks van hierdie intieme eenwording met Hom in sy gebed in Joh 17, waar ons een met mekaar word, een met Hom word en saam met Hom een met die Vader word. Die doel van die NT is dus om ons redding te bewerk en ons in 'n volkome eenheid met Jahshua en met die Vader te bring. Daarteenoor was die OT en die 8

Wet bloot bedoel om die volk in bewaring te hou tot by die verskyning van Jahshua, soos ons reeds gesien het. Die NT in praktyk Met die OT het ons gesien dat dat die lewe van Israel in praktyk deur die Wet voorgeskryf en gereguleer was. Die praktyk van die NT lewe word weer bepaal deur:- - 'n Nuwe, wedergebore mens Rom 6:4, 2Kor 5:17, Gal 6:15, Ef 4:22-24. Die nuwe mens bedink die dinge van die Koninkryk en dra die vrug van die Gees (Kol 3). - Die Heilige Gees wat in gelowiges woon en werk (Hand 2:38, Gal 5:22, 1Joh 2:20, 3:24). - Die 'gebooie' en 'wet' van Christus (Joh 13:34, 15:12, Rom 13:9, 1Joh 3:23, 4:21, Gal 6:2). - Die riglyne vir die Christelike lewe, wat volop in die NT gegee word en wat die praktiese uitvoering van die liefdesgebod van Jahshua uitspel (soos byv. 1Thess 4 en die brief aan Timótheüs). Die uiteinde van die NT Soos ons vroeër gesien het, het die OT 'n bepaalde uiteinde gehad, wat saamgeval het met die begin van die NT. Dat die NT geen einde het nie is maklik om te sien in die feit dat Jahshua uit die dood opgewek is en vir ewig lewe (Hand 13:30-37). Die NT is deur sy opstanding bekragtig, dus bly die NT in werking so lank as wat Hy lewe - dit wil sê vir altyd. Heb 6:20 en hfst 7 praat van sy 'ewige' priesterskap en Heb 13:20 praat ook van 'n 'ewige testament' in verband met sy opstanding. Die Bybel gee geen aanduiding dat die NT ooit in die toekoms deur 'n ander bedeling vervang gaan word nie. Verwantskap tussen die Ou en Nuwe Testamente Tot dusver is die OT en NT elkeen kortliks beskryf en is 'n aantal verskille tussen die twee bedelings uitgelig. Die OT het 'n bepaalde doel gehad, en toe daardie doel bereik is het die testament tot sy einde gekom terwyl die NT in werking getree het. Die NT het sy eie karakter, voorwaardes, 'wette' en praktiese werking, wat heeltemal anders is as dié van die OT. Daar is nog 'n ander, baie belangrike begrip wat ook uitgeklaar moet word, nl. die verwantskap tussen die OT en NT. Afgesien van die groot verskille tussen die twee, is hulle tog sterk op mekaar aangewese. Die een het gevolg op die ander, en in beide word daar oor en weer na mekaar verwys. Elkeen van die testamente is onontbeerlik vir die ander. Die volgende soort vrae ontstaan nou: is die OT dalk die fondament waarop die NT gebou word (of andersom)?; is daar dalk elemente van die OT wat oorvloei na die NT?; is daar miskien een of ander vorm van kontinuïteit tussen die twee?; of is dit totaal afsonderlike bedelings? Antwoorde op hierdie vrae gaan verder help om helderheid te kry oor die plek van die Wet in ons lewens vandag. Om mee te begin: seker die belangrikste en mees uitstaande waarheid in hierdie verband is dat beide die OT en NT oor dieselfde saak gaan. Die gemeenskaplike onderwerp is: die Verlosser na wie uitgesien is, en wat uiteindelik gekom het! Ook sy wederkoms word in albei testamente voorspel. Die NT doen dit dikwels en duidelik, terwyl die OT dit meer subtiel doen, soos byv. in Gén 3:15, 49:10, 1Sam 2:10, 1Kron 16:31,33, Ps 2:8-9, Ps 86:9, Ps 96:12-13, Jes 2, Jes 9:5-6, Jes 11. Jahshua word in al die boeke van die OT bekendgemaak, byvoorbeeld: - die Boom van die Lewe, wat 'n simbool of 'tipe' van Hom was (Gén 2:9, Spr 3:18, Op 22:2). - die Saad van die vrou (Gén 3:15), 'n direkte verwysing na Hom. 9

- 'n aantal mense, wat 'tipes' van Jahshua was, soos Melgisédek, Isak, Josef, Moses, Joshua, die rigters, priesters, profete, konings, ens.. - baie psalms voorspel Hom, byv. Ps 2:7 - die profete voorspel Hom, by. Jes 50 & 53, Jer 23:5-6, en elke ander profeet tot Maleági (hst 3). Jahshua en sy verlossingswerk word veral getipeer in die Wet. Die volgende is 'n aantal tipes (skadubeelde) m.b.t. Jahshua in die Wet, met die ooreenstemmende anti-tipe (die werklike Jahshua of iets wat op Hom betrekking het) in die NT: - die pasga (Exod 12, Lev 23, Num 9, Deut 16, Joh 1:29, 36, 1Kor 5:7, Op 5, 6, 7:9-17, ens., tot 22:3) - die fees van die ongesuurde brood (Exod 12:15-20, 13:3-10, Lev 23, Num 28, 1 Kor 5:8) - die manna (Exod 16, Joh 6) - die tabernakel en priesters (Exod 25-30, Heb 9) - die hoëpriester (Exod 28-29, Num 18, Lev 21-22, Heb byna elke hoofstuk) - die huttefees (Lev 23:34-36, Joh 1:14, 7:37-38, 14:23) - die jubeljaar (Lev 25:8-13, Luk 4:18-19) - die fees van die eersteling-gerf (Exod 23:16, Lev 23:10-13, 1Kor 15:20, 23) - die pinksterfees (Lev 23:15-21, Hand 2) - die fees van basuine/trompette (Lev 23:23-25, Num 29:1-6, 1 Kor 15:52, 1Thess 4:16) - die groot versoendag (Lev 16:1-34, 23:26-32, Num 29:7-11, Heb 9, 10:19-22) - die sabbat (Exod 20, Deut 5:12-15, Matt 11:28-29, Heb 4:1-11 - die besnydenis (Lev 12:3, Rom 2:29) Wat was die sin en doel van al die tipes en anti-tipes hoekom was dit nodig? Eerstens moet verstaan word dat Bybelse tipologie nie net op die Wet betrekking het nie. Die hele OT is propvol tipes van Jahshua. Die geskiedenis van die mens van Adam tot Isak verloop in allerhande opsigte op so 'n manier dat sekere instellings, gebeure en mense in sekere opsigte tipes van Jahshua was. So ook met die geskiedenis van Israel as volk, van Jakob af tot by Jahshua, die apostels en die eerste gemeentes. Die belangrikste aspek van tipologie is natuurlik dat die anti-tipe (werklike) altyd Jahshua self is, of iets is wat te doen het met sy verlossingswerk. Die hele Bybel gaan oor Hom. Nou kan ons ook sien dat tipologie uiteraard 'n belangrike aspek van die Woord is, en dat die OT daarmee die wegbereider vir Jahshua was. Sy tipering en voorspelling in die OT bewys sy uitnemende grootheid, heerlikheid en egtheid. Terwyl die OT dan so oorloop van skadubeelde en voorspellings oor Hom, en nadat Hy dit alles so volledig en kragtig kom vervul het, wie kan nog twyfel in Hom as die ware Verlosser van die wêreld? Terug by die Wet: dit was 'n diepgewortelde deel van Israel se bestaan en het 'n direkte invloed op die volk se hele ekonomie gehad - Godsdienstig, maatskaplik, sosiaal, juridies, landboukundig ens.. Hier is nou 'n baie belangrike insig: gedeeltes van die Wet het wel beskermende en praktiese voordele ingehou, soos byvoorbeeld met die higiëniese, regs- en landbouwette, maar die klem was eintlik op die seremoniële en tiperende betekenisse daarvan. Die Wet het byvoorbeeld onderskeid gemaak tussen rein en onrein diere (Lev 11), maar wat was die doel daarvan? 10

Die antwoord lê in die omringende leidrade en in die tiperende betekenis van die voedselwette. Wat die omringende leidrade betref kan mens byvoorbeeld kyk na die plek van varkvleis in die dieët van die volkere van daardie tyd. Dit was 'n algemene stapelvoedsel, dus was die mense bewus van die gevare wat varkvleis kon inhou (soos maar met alle vleissoorte), en het geweet hoe om dit veilig voor te berei. Ons lees selfs van groot varkboerderye in Jahshua se tyd (Matt 8). Die rein/onreinvoedselwette kon dus nie bedoel gewees het om die volk soseer teen gevaarlike vleissoorte te beskerm nie. Die Bybel sê ook niks oor die liggaamlike gesondheids-implikasies van enige soort vleis nie, en gee in elk geval nie 'n direkte rede waarom sekere diere as onrein geklassifiseer was nie. Dit was 'n wet wat Israel eenvoudig moes gehoorsaam, want Jahweh het gesê dat hulle heilig moes wees omdat Hy heilig is (Lev 11:44). Nou wat was die doel van die voedselwette dan as dit nie liggaamlike gesondheid was nie? Die ware betekenis van die voedselwette word deur die NT verklaar. In Handelinge hfst. 10 kry die apostel Petrus opdrag om diere te slag en te eet wat volgens die Wet onrein was. Hy weier om te slag en te eet, maar God sê vir hom dat wat Hy rein gemaak het nie onheilig geag mag word nie. Later word dit vir Petrus duidelik dat die onrein diere in die laken tiperend was van mense. Cornelius en sy huisgenote, wat voorheen 'onrein' was, is nou deur God 'rein' gemaak; daarom moes Petrus hulle besoek, die evangelie van Jahshua aan hulle bekendmaak en hulle in die Nuwe Verbond inbring. 'n Ander voorbeeld kom uit die OT landbouwette. Volgens Deut 25:4 mag 'n os nie gemuilband word terwyl hy graan dors nie. In 1Kor 9:9-10 sê Paulus dat dit nie oor die osse gaan nie! Daardie wet was ter wille van die apostels geskryf, wat deur die gemeente van hulle stoflike behoeftes voorsien moes word terwyl hulle besig was met die dors van siele vir Jahshua - by wyse van spreke. Die twee voorbeelde hierbo as tipes van werklikhede in die NT laat mens wonder of die hele Wet dalk so gewerk het. Met die 'seremoniële' wette, soos byv. die offerwette, was dit duidelik die geval: die offerdiere het Jahshua gesimboliseer as die 'Lam' wat vir ons ge-offer is. Dan was daar byv. die priestelike rituele, die klere wat hulle moes dra en die tabernakel, wat afbeeldinge van die ooreenstemmende hemelse dinge was (Heb 8:2, 9:2-12, 24,25, ens.). Met verdere ondersoek word dit al hoe duideliker dat nie net die hele OT nie, maar ook die hele Wet hierdie patroon wel volg mens moet in baie gevalle maar net 'n bietjie moeite doen om dit raak te sien. Uiteindelik kan ons met alle sekerheid weet dat die Ou Testament en die Wet onontbeerlik was as voorloper en wegbereider vir die Nuwe Testament. Daarom is die boeke van die OT in die Bybel opgeneem. Dit is ook net so belangrik om te verstaan dat niks meer as dit vandag in die OT of in die Wet gesien moet word nie. Dit is 'n afgehandelde verbond, 'n vervulde testament en 'n Wet wat sy doel volkome bereik het. Terug na die groot vraag Met die agtergrond dusver tot ons beskikking is ons is nou in 'n goeie posisie om die antwoord te vind op die belangrike vraag: watter wette geld vandag, en hoe moet ons dit gehoorsaam? Die vraag kom in twee gedeeltes; kom ons kyk na elke deel op sy eie: Eerstens, watter wette geld vandag? 11

Die antwoorde moet op die regte plekke in die Bybel gesoek word. Oppervlakkige raadpleging van die OT kan maklik tot die gevolgtrekking lei dat die Wet vir ewig geld en daarom vandag nog van toepassing is. Daar is baie OT tekste wat aangehaal kan word om dit te ondersteun, soos byvoorbeeld Exod 31:16-17 (oor die Sabbat as 'n ewige verbond) en Mal 3:6 (dat Jahweh nie verander nie). Sodra die NT onder oë kom lyk dinge egter heeltemal anders. Wat veral opval is dat die NT die OT as die wegbereider vir Jahshua verklaar. Waar die OT vol skadubeelde, voorspellings en wette was, maak die NT Vader se herstelplan vir die mens opeens helder en duidelik. Dit vertoon God persoonlik en direk in menslike gestalte aan ons deur die Seun! Dit dra duidelik meer gesag as die OT. Die NT moet dus toegelaat word om finale uitsluitsel te gee oor elke saak. Ons leef immers nou in die NT era en kan ons tog nie daarvan losmaak nie. Die finale antwoord oor watter wette vandag geld, sal dus eerder in die NT gevind kan word. Kom ons kyk: Matt 5:17-18 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Jahshua het hier na die hele Wet verwys en gesê dat Hy dit in elke besonderheid ('jota en titteltjie') sou vervul deur sy sondelose lewe en onskuldige sterwe aan die kruis. Die Wet moes dus tot by sy dood vas bly staan en kon nie voortydig ontbind word nie. Eers aan die kruis het Hy uitgeroep dat alles volbring was (Joh 19:30). Ná sy kruisiging was die Wet dus vervul en nie meer van krag nie. Indien dit vandag nog van krag was sou elke jota en tittel daarvan steeds nagekom moes word, wat in stryd met die hele NT boodskap is. Met die uitdrukking 'voordat die hemel en die aarde verbygaan' het Jahshua bedoel dat die hemel en die aarde eerder sou vebygaan as dat die Wet voortydig sou verbygaan (sien Luk 16:17). Die sonsverduistering, aardbewing, opstanding van dooies uit hulle grafte en die skeur van die voorhangsel in die tempel tydens sy kruisiging, kan moontlik gesien word as 'n soort vervulling van daardie uitspraak. Mat 7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete. Die hele bergrede van Jahshua (Matt 5-7) gaan oor hoe ons moet lewe. In 7:12 begin Hy afsluit met hierdie pragtige liefdesgebod, wat die hele Wet vervang. Dit word nog duideliker in die volgende uitspraak: Mat 22:35-40 En een van hulle, n wetgeleerde, het n vraag gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. Wat Jahshua hier uitlig is dat die ganse OT Wet, wat uit meer as 600 wette, verordeninge en insettinge bestaan het, prakties op twee eenvoudige gebooie neerkom. Joh 1:17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 12

Hierdie vers beklemtoon die twee groot verskille tussen die ou en nuwe bedelings, naamlik Wet teenoor genade, en skadubeelde (tipes) teenoor die werklike of 'waarheid' - Jahshua self. Hand 15:5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. Hand 15:19-21 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed. Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word. Die aandrang deur persone uit Judéa en uit die Fariseërs dat die gemeente in Antiochíë die Wet moes onderhou, was deur die apostels gestuit met die besluit om geen nakoming van enige wette op hulle te lê nie. Dit was slegs van hulle verwag om hulle van sekere dinge te onthou, ter wille van medegelowiges wat nog sensitief was oor die Wet (v 21). Rom 3:21-22 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Die OT het God se geregtigheid voorspel en getipeer, wat nou deur Jahshua gegee word sonder dat die Wet langer benodig word. Rom 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. Rom 8:1-4 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Want God het - wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees - deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Die wedergebore mens dien God in die nuwigheid van die Gees en word nie veroordeel nie. Ons is vry van die Wet want God het die straf vir die sonde op Jahshua laat neerkom. Die reg van die Wet is 'in' ons vervul deurdat Hy sy volmaakte nakoming van die Wet aan ons toereken, omdat ons 'in' Hom is en die Heilige Gees het. Rom 10:4 Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Onderhouding van die Wet is nie meer nodig vir geregtigheid nie ons kry geregtigheid by Jahshua slegs deur ons geloof in Hom. Rom 13:8-10 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat n ander liefhet, het die wet vervul. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. Dit sê weereens dat die hele Wet omvat word deur die eenvoudige en kragtige wet van die liefde. 13

Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. Die Wet bied geen hoop op regverdigheid en redding nie en is vir my waardeloos, sodat ek liewer in Jahshua vir God lewe. Gal 3:23-26 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder n tugmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus. Nadat die Wet se funksie as tugmeester van Israel afgehandel was, het regverdiging voortaan uit die geloof gekom. Gal 5:1-6 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. Christus het ons vrygemaak van die Wet; staan vas daarin! Enige nakoming van die Wet met die oog op regverdiging, maak jou los van Christus en verplig jou om die hele Wet te hou. Uiterlike nakoming van die Wet het geen krag nie, slegs geloof en die beoefening van die liefde het krag. Gal 5:18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 'n Wedergebore, Geesvervulde mens is deur Jahshua regverdig gemaak en doen vanself die dinge wat voorheen deur die Wet vereis was. Ef 2:15-16 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. Die 'wet van gebooie wat in insettinge bestaan' is die OT Wet. Dit het vyandskap tussen Israel en Jahweh asook tussen die 2 stamme en die verlore 10 stamme (die 'heidene') veroorsaak. Jahshua het die Wet tot niet gemaak deurdat Hy dit vervul het. Die Wet het sy volle doel bereik en is daarmee beëindig. Kol 2:13-14 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael. Die skuldbrief (in die grondteks: handgeskrewe skulderkenning of kontrak) was die Wet, wat deur Jahshua vervul en weggeruim is. Die vasnael daarvan aan die kruis is 'n metafoor wat sinspeel op die gebruik in die ou tyd om vervulde (vereffende) kontrakte aan 'n paal of iets vas te spyker. 14

1Tim 1:8-10 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders. Die Wet is goed as dit reg gebruik word, naamlik om mense skuldig te verklaar, aan te kla en te veroordeel (Rom 7:10, 1Kor 15:56, Gal 2:19, 3:10). Ons wat in Christus is, is regverdig, dus is die Wet nie vir ons gegee nie. Heb 7:18-19 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van n beter hoop waardeur ons tot God nader. Die Wet is opgehef nadat dit die weg berei het vir die aankoms van Jahshua, wat 'n beter bedeling vir ons gebring het (v 23). Heb 8:6-8 Maar nou het Hy n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir n tweede gesoek word nie. Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond tot stand sal bring Heb 8:13 As Hy sê n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. Die brief aan die Hebreërs verklaar dat die OT verbond met 'n beter verbond, die NT, vervang is. Jak 1:25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie n vergeetagtige hoorder is nie, maar n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. Die volmaakte wet van die vryheid is niks anders nie as die evangelie van Christus, naamlik vryheid van die Wet en die vloek daarvan, deur die geloof. 'n Dader van die werk is iemand wie se geloof deur die liefde werk (Gal 5:6). 2Joh 1:5-6 En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê. En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel. Al wat die apostel Johannes hier sê is dat daar maar een wet is, naamlik die wet van die liefde, en dat ons daarin moet wandel. Noudat ons gesien het dat die wet van die liefde vandag geld, kan die tweede gedeelte van die groot vraag ook beantwoord word: Hoe moet ons die wet van die liefde gehoorsaam? Die vermoë om volgens hierdie wet te lewe is een van die diepste en grootste geheime van die lewe! Eeue lank het studente van Jahweh se woord ywerig nagevors en probeer voorspel hoe dit sou gebeur. Kyk bietjie na Ef 3 en 1Pet 1:3-12. Ons gaan nou sien hoe sekere baie belangrike dinge in plek moes kom om hierdie verborgenheid 'n werklikheid te maak: 15

Eerstens was 'n nuwe, beter bedeling vir die mens nodig, aangesien die OT en die Wet nie in staat was om ons hierby uit te bring nie. Ons het reeds gesien dat die profeet Jeremia voorspel het dat Jahweh 'n nuwe verbond met sy volk sou sluit: Jer 31:31-34 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek JAHWEH. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JAHWEH: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle n God wees, en hulle sal vir My n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JAHWEH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JAHWEH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Die nuwe verbond bestaan daaruit dat JAHWEH se wet binne-in ons in ons harte is. Nie die skaduagtige Wet van destyds wat op klippe en in boekrolle geskryf was nie, maar die ware, nuwe wet waarvolgens 'n wedergebore mens lewe. Dit is niks anders nie as die Nuwe Testament van Jahshua. Dit is eintlik Hy self as persoon, aangesien Hy die Woord van God is (Joh 1) en ook die liggaam is wat die skadu's (die Wet) gemaak het (Kol 2:17). Hierdie wonderbaarlike oorgang van die ou verbond en die Wet na die nuwe verbond en Jahshua, waarin die engele begerig is om te sien (1Pet 1:12), word in die brief aan die Hebreërs bevestig (Heb 8). Tweedens was 'n nuwe Israel-volk nodig, wat Jahweh se wette in hul harte het, wat Hom volkome ken en wie se sondes heeltemal vergewe is. Dit moes Israeliete wees wat deur hul geloof in Jahshua ingeplant is en in wie Hy leef (Joh 15:1-5, Gal 2:20). Hulle was wedergebore, in Jahshua gedoop, vervul deur die Heilige Gees en dus 'n geestelike volk en die ware sin van die woord (Joh 3, Hand 2:37-38). Hulle was nog altyd 'n minderheid in die wêreld: dit was nog altyd net 'n oorblyfsel van die volk wat aan Jahweh gehoorsaam was en Jahshua uiteindelik aangeneem het, soos ons vandag ook om ons sien. Derdens moet hierdie nuwe Israel 'n proses van geestelike groei (heiligmaking) deurloop, wat in gemeenteverband plaasvind. So raak ons ge-oefen in die liefdeswet terwyl ons as die liggaam van Jahshua toeneem in volwassenheid, heiligheid, eendragtigheid en liefde (1Kor 12, Gal 5:16-26, Ef 4). Dit is baie belangrik om te verstaan en te aanvaar dat die gemeente die enigste en die ideale omgewing is vir die proses van geestelike groei. Die boeke en briewe van die NT het op die gemeentes betrekking gehad. Geen mens het 'n kans om in isolasie na die beeld van Jahshua te groei nie. Een aspek van elke gemeente is byvoorbeeld die alombekende struikelblokke en frustrasies met eendragtigheid, wat veroorsaak word deur verskillende geaardhede, agtergronde en motiewe van gemeentelede. Ons moet verseker weet dat ons mekaar gaan irriteer en uitdaag, met 'n knaende drang om mekaar te byt en te verniel. Dis die 'ou mens' wat wil opstaan om homself te laat geld. Die opdrag van die NT is om jouself te kruisig en in Jahshua te lewe, sodat ons 'n liggaam kan wees waarvan die lede kragtig saamwerk om die groei van die liggaam te bevorder vir sy eie opbouing in liefde (Ef 4:11-16). So vorder ons na die volkome verstaan en doen van Jahshua se wet in al sy fasette, soos wat die boeke en briewe van die NT dit uitspel. Hier is drie voorbeelde: Jak 3:13-18, die hele 1Pet, en 2Pet 1:3-11. Dit moet goed verstaan word dat al drie dinge hierbo genoem wat in plek moet wees om die wet van die liefde te kan doen, deur die werking van die Heilige Gees moontlik gemaak word. Gewone mense kan dit eenvoudig nie verstaan of deel daaraan hê nie jy moet weer gebore wees (Joh 3). 16